Genoeg vir 8-10 mense
Bestanddele:
Vir avokado-doopsous:
- 2 ryp middelslag-avokadopere, fyngedruk
- 2 e mayonnaise
- 1 e tamatiesous
- ’n knippie sout
- ’n knippie rooipeper
Vir uie-doopsous:
- 4 t uiesoppoeier
- 1½ k suurroom
- ¼ k cheddarkaas, gerasper
- ½ k okkerneute, gekerf
Vir lekkernybord:
- I2 repies spek
- 12 ontpitte pruimedante
- olyfolie (vir braai)
- 1 pak sampioene
- botter (vir braai)
- 3-4 middelslag-wortels, in lang dun repies gesny
- ½ Engelse komkommer, in skyfies gesny
- 1 blik aspersies
- 2 k cheddarkaas, in repies gesny
Metode:
Vir avokado-doopsous:
- Meng al die bestanddele saam en verkoel.
Vir uie-doopsous:
- Klits die soppoeier en suurroom deeglik.
- Voeg die ander bestanddele by.
- Meng en sit voor met gemengde kraakbeskuitjies.
Vir lekkernybord:
- Draai die repies spek om die pruimedante.
- Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die spek tot gaar.
- Braai die sampioene liggies in botter, of sit vars voor.
- Druk tandestokkies deur die sampioene en spekballetjies.
- Sit voor op ’n groot opdienbord saam met die res van die bestanddele.
- Doopsouse en soutbeskuitjies kan ook hiermee voorgesit word.
Bron: Woestynkombuis
Uitgewer: Fox and Raven Home