Dit is nie net ʼn lekker resep dié nie, maar sommer ook ʼn oulike Kersgeskenk.
Lewer 2,5 kg
Gebruik dit in Kerskoek of -pasteitjies.
Bestanddele:
- 150 g gedroogde Turkse appelkose, grof gekap
- 150 g pitlose dadels, grof gekap
- 150 g rooi glanskersies, grof gekap
- 150 g verglansde gemmer, grof gekap
- 200 g pitlose rosyne
- 200 g sultanas
- 200 g korente
- 150 g heel gepelde amandels
- 100 g okkerneute
- 400 ml kookappels, grof gekap
- 2 lemoene se sap en skil, gerasper
- 2 suurlemoene se sap en skil, gerasper
- 150 ml heuning of esdoringstroop
- 100 ml soet sjerrie
- 200 ml donker rum of brandewyn
Metode:
- Meng al die droëvrugte en neute en gooi dit in ʼn houer met ʼn deksel.
- Meng die sap, skil, heuning of stroop, sjerrie en rum of brandewyn en roer dit by.
- Bedek en laat dit 2-3 dae in ʼn warm kombuis staan.
- Dreineer en skep die mengsel in gesteriliseerde bottels. Giet 25 ml van die alkoholmengsel in elke bottel en verseël.
- Jy kan elke 6 maande die bottels oopmaak en ʼn bietjie rum of brandewyn ingooi. Die rakleeftyd is 2 jaar.
Uitgewer: Lapa