Tannie Poppie sê: Die resep kan gehalveer word om 12 skons te maak. Die skons kan ook in kolwyntjiepanne gebak word. Die skons vries goed.
Lewer sowat 24 skons
Bestanddele:
- 6 x 250 ml koekmeelblom
- 60 ml bakpoeier
- 7,5 ml sout
- 90 ml botter of margarien
- 750 ml melk
- 500 ml gerasperde cheddarkaas (opsioneel)
- 500 ml pitmielies (opsioneel)
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Sif die droë bestanddele saam.
- Vryf die botter of margarien met die vingers in.
- Meng met die melk.
- Gooi die kaas en mielies by, indien gebruik.
- Skep lepels vol op gesmeerde bakplate.
- Bak 12 minute lank of tot goudbruin.
Bron: Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau