Soorte resepte:

Resep-video: Stroopsoet-sjokoladekoek

Stroopsoet-sjokoladekoek (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dit is die klamste koek wat jy ooit sal maak.

Lewer een groot koek (sowat 12 groot blokke)

Bestanddele

KOEK

  • 3 k koekmeel
  • 4 t bakpoeier
  • 2 k suiker
  • 1 t koeksoda
  • 80 ml kakao
  • knippie sout
  • 2 k kookwater
  • 1 k olie
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 50 ml asyn

STROOP

  • 1 k kookwater
  • 1 k suiker
  • 5 ml vanieljegeursel

VERSIERSEL

  • 1 k suiker
  • 50 ml koekmeel
  • 50 ml kakao
  • 375 ml water
  • 50 ml botter

Metode

KOEK

  1. Sif droë bestanddele saam.
  2. Meng die res van die bestanddele saam, en meng by die droë mengsel in.
  3. Bak vir 20 min teen 180°

STROOP

  1. Los suiker in water‑en‑vanieljemengsel op.
  2. Druk gaatjies in die koek en gooi die stroop oor die warm koek wanneer dit uit die oond kom.
  3. Laat die koek effens afkoel met die stroop in.

VERSIERSEL

  1. Verhit al die bestanddele saam op die stoof of in die mikrogolf tot ʼn dik sous vorm.
  2. Gooi dit oor die koek en smeer gelyk.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak, Resep-video's, Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

8 Kommentare

Katerina ·

Klink dekadent en n behoorlike “death by chocolate” koek:-)) Ek sal maar bly by gewone choc koek met choc ganache, hierdie klink n bietjie te soet vir my persoonlik. Maar ek is seker baie lesers sal dit geniet, die foto laat dit fantasties lyk.

LEE ·

4 koppies suiker = Stroopsoet ! soos resep se naam sê.

Eish..en die suiker is SO duur..

Suzie ·

Ek het 1 koppies suiker gebruik in koek en half koppie in sous en versiersel en dit was steeds lekker!

Carien ·

Wil gou hoor: die sous. Smelt jy die suiker in die water op die stoof?

Empatie ·

Dit lyk nie in die video of die suiker op die stoof gesmelt word nie. Dit word net in die water ingeroer tot dit oplos.

Janie Monsieur ·

Dagsê Carien,
Dankie vir jou navraag. Die suiker word net opgelos in die kookwater, jy hoef dit nie op die stoof te doen nie.
Gooi die kookwater in ‘n bakkie en voeg dan die suiker by, roer dit vir ‘n tydjie tot die meeste suiker opgelos is.

Lekker bak!
Groetnis
Janie nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.