Maak hulle vir ’n buffet-ete, voorgereg of bykos, piekniek, kosblik of om laataand voor die TV te geniet.
Lewer 12 rondomtalies
Bestanddele:
- 1 groot ui, gekap
- 300 g maalvleis
- 25 mℓ sonneblomolie
- 1 eier
- 2 mℓ sout
- 1 mℓ peper
- 5 mℓ mosterdpoeier
- 25 mℓ gekapte pietersielie
- 1 klein soetrissie, ontpit en gekap
- 8 gevulde olywe, gekap (opsioneel)
- 1 rol (400 g) onversoete skilferkorsdeeg, ontdooi
- gesmelte botter of margarien
- gekapte grondbone
Metode:
- Voorverhit die oond tot 200 °C (400 °F).
- Voer ʼn bakplaat met aluminiumfoelie uit en smeer die foelie.
- Smoor die ui en maalvleis oor lae hitte in die olie.
- Meng die eier, sout, peper en mosterdpoeier en roer by die vleismengsel.
- Roer die pietersielie, soetrissie en olywe by en laat die mengsel effens afkoel.
- Rol die skilferkorsdeeg uit in ‘n reghoek van 25 x 40 cm en verf botter of margarien oor.
- Smeer die vleismengsel eweredig op die deeg en rol die deeg soos ’n rolkoek op.
- Sny dit in skywe van 2 cm en plaas op die bakplaat.
- Strooi grondbone bo-op en bak 12-15 minute lank.
- Sit warm voor.
Bron: Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau