Versier die kaaskoek met vars vrugte of bessies vir ‘n bietjie variasie.
Lewer 6-8 porsies
Bestanddele:
Kors
- 200 g (1 pakkie) Tennisbeskuitjies, fyngemaak
- 15 ml strooisuiker
- 5 ml fyn neutmuskaat
- 100 ml botter, gesmelt
Vulsel
- 385 g (1 blik) kondensmelk
- 250 g gladde maaskaas
- 125 ml suurlemoensap
- 15 ml gelatien
- 45 ml kookwater
- 250 ml room
- repies suurlemoenskil, vir garnering
Metode:
Kors
- Meng die fyngemaakte koekies, suiker, neutmuskaat en gesmelte botter en druk dit in ʼn eweredige laag op die bodem van ʼn tertbak of ʼn 22 cm-losboomkoekpan vas.
Vulsel
- Klits die kondensmelk en maaskaas saam. Voeg die suurlemoensap stadig by en klits goed.
- Strooi die gelatien oor sowat 30 ml koue water en laat week dit tot sponserig.
- Roer die kookwater by en roer tot heeltemal gesmelt. Laat die gelatien effens afkoel en klits dit by die maaskaasmengsel tot glad.
- Klop die room styf en roer eers een-derde by die maaskaasmengsel in. Vou dan die res versigtig met ʼn groot lepel in.
- Skep die vulsel op die kors en laat dit in die yskas stol.
- Haal die koek versigtig uit die pan en plaas dit op ʼn bord. Garneer dit met suurlemoenskil.
Bron: Lekker en Vinnig – Yskasterte
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Spogresepte, Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-Unie
Maak dit!
Vir my ook, seblief.