Seekosliefhebbers sal mal wees oor dié alternatief vir ʼn viskoekie!
Bestanddele
- 1 blokkie visaftreksel
- bietjie seldery
- 1 klein rooi ui, fyngekap
- 1 x 500 g-pak mossels
- 2 aartappels, saggekook
- 3 sampioene, grofgekap
- olyfolie
- vars vinkel en koljander
- 1 k meel
- 2 eiers
- sout en peper
Metode
- Gooi die visaftreksel, seldery, ui en mossels saam in ʼn pot en laat dit prut vir ʼn rukkie. Dreineer en hou eenkant.
- Druk aartappels effens fyn in ʼn mengbak en voeg sampioene by. Gooi ʼn bietjie olyfolie oor en snipper vinkel en koljander by.
- Meng meel in en voeg dan die mossels by die meelmengsel.
- Roer eiers, nog ʼn bietjie olie, sout en peper by die mosselmengsel in.
- Braai in ʼn bietjie olie in ʼn warm pan en bedien saam met slaai.
Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:
Lyk lekkerrrrrr!! Waar kan ek blokkies Visaftreksel koop?