Die sop kan vir 48 uur verkoel word of vir twee maande in gebruiksporsies bevries word.
Lewer ongeveer 2 liter
Bestanddele:
- 100 g rou mielierys of bruin rys (met bruin rys is die gereg ook mielievry)
- 100 g bruin lensies
- 1,5 liter water
- 1 middelslag-ui, geskil en gekap (100 g)
- 2 middelslag-wortels, geskraap en grofweg gerasper (200 g)
- 1 selderystingel met blare, afgespoel en gekap (25 g)
- 1 ryp middelslag-tamatie, geskil en in blokkies gesny (125 g)
- 1 liter water
- 30 ml lna Paarman-beesaftrekselpoeier
- 50 ml All Gold-tamatiepuree (opsioneel)
- ± 5 ml sout na smaak
- varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode:
- Plaas die rys en lensies met die 1,5 liter water in ʼn groot kastrol. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 30-40 minute totdat die rys en lensies sag en gaar is.
- Voeg die ui, wortel, seldery, tamatie, ekstra liter water en beesaftrekselpoeier by die lensiemengsel.Verhit tot kookpunt en laat prut vir 30-45 minute totdat die groente sag en gaar is.
- Roer die tamatiepuree (indien jy dit gebruik), sout en peper by die gaar mengsel en laat prut vir 5 minute. Sit die sop warm voor.
Bron: SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit
Uitgewer: Tafelberg