Soorte resepte:

[Resep] Perskehoender met wyn

Foto: Lapa uitgewers

Heerlike perskehoender met wyn, perfek vir ʼn Maandagaand!

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele

  • 80 ml koekmeel
  • soul en peper na smaak
  • 6-8 hoenderporsies
  • 30 ml kanola-olie
  • 250 ml ingelegde perskes, gekap
  • 2 uie, gekap
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 200 ml laatoes-wyn
  • 60 ml matig soet mosterd
  • 30 ml blatjang
  • 30 ml mielieblom

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ʼn oondvaste bak met ʼn deksel.
  2. Meng die meel, sout en peper in ʼn plastieksakkie. Plaas die hoenderporsies in die sakkie en skud sodat die hoender heeltemal met meel bedek word.
  3. Verhit die olie in ʼn swaarboompan en braai die hoenderporsies tot goudbruin.
  4. Rangskik die hoender in die voorbereide oondbak en strooi die perskes oor.
  5. Verhit weer die pan en soteer die uie tot dit sag is.
  6. Meng die aftreksel, wyn, mosterd, blatjang en mielieblom saam tot glad. Voeg die sous by die uie en laat dit liggies prut tot die sous Giet die sous oor die hoender, bedek die oondbak en bak vir 1½ uur.

Bron: 50 hoendergeregte

Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Vleis en seekos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

marthie botha ·

perske hoender in wyn klink na moerbei kos as mense gekoring is😁

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.