Soorte resepte:

Resep-video: Haastige ontbytbakkies

Haastige ontbytbakkies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Maak dié bakkies as jy ʼn volle ontbyt blitsvinnig aanmekaar wil slaan.

Bestanddele

  • groot snye ham
  • kaas, gerasper
  • eiers
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Spuit ʼn muffinpan met kossproei en voer dit uit met ʼn stukkie ham per holte.
  3. Gooi ʼn bietjie kaas onderin elke hambakkie.
  4. Breek ʼn eier in elkeen, geur met sout en peper en sprinkel nog ʼn bietjie kaas bo-oor.
  5. Bak vir 15 minute of tot die eier jou gewenste tekstuur is by 200 °C.
  6. Dop uit en geniet net so of saam met ʼn stukkie roosterbrood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.