Gasbraai
Ketelbraai direk
Vuur van hout of houtskool
6 Wildsvleissteaks
gerasperde skil en sap van 1 groot lemoen
45 ml (3 e) whisky
125 ml (½ k) olyfolie
1 Takkie roosmaryn
1 lourierblaar
Sous:
1 x 250 g-houer bloubessie
125 ml (½ k) bruinsuiker
125 ml (½ k) rooiwyn
125 ml (½ k) water
7,5 ml (1½ t) mielieblom (opsioneel)
1. Meng die gerasperde lemoenskil en -sap, whisky, olyfolie, roosmaryn en lourierblaar.
Giet dit oor die steaks. Marineer vir minstens 1 uur of oornag in die yskas.
2. Haal die steaks uit die marinade en druk dit met handoekpapier droog. Braai vir 4-7 minute aan ‘n kant na gelang van hoe gaar jy die vleis wil hê. Bedruip gereeld met die marinade.
3. Meng die bloubessie, bruinsuiker en 30ml (2e) van die water in ‘n kastrol oor matige hitte. Roer totdat die suiker opgelos het. Voeg die orige water en rooiwyn by. Kook totdat die bessies sag is en die sous afgekook het. Indien verkies kan dit verdik word met die mielieblom wat eers met ‘n bietjie water tot ‘n pasta aangemaak is. Giet die sous oor die steaks.
Genoeg vir 6
Oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering