Vandag se sportnuus

President Trump se boodskap. Foto: Twitter.

Boks:

  • Maroela Media het vroeër berig dat Mike Tyson van plan is om weer op 53-jarige ouderdom sy bokshandskoene nader te trek.

“Ek wil gimnasium toe gaan en weer fiks word om drie of vier rondes ten bate van liefdadigheidsorganisasies te boks. Dalk ’n vertoonkragmeting om geld vir haweloses of dwelmverslaafdes in te samel,” het hy gesê.

Sedertdien oefen Iron Mike soos ’n 20-jarige atleet en selfs sy kritici is verstom oor sy toewyding en atletiese vermoëns.

Tyson het onlangs ’n video van homself op Twitter gelaai waar hy ’n bietjie saam met die MMA-legende, Rafael Cordeiro, skerm.

’n Verstomde Cordeiro het agterna gesê dat die boksster nog net so gevaarlik soos altyd is.

“Ek het aanvanklik nie geweet wat om te verwag nie; hy het immers seker tien jaar gelede met iemand geskerm. Maar jy kon my met ’n veertjie omtik toe ons begin het; ek het ’n ou gesien wat met dieselfde krag en spoed as ’n 21-jarige boks,” het Cordeiro gesê.

“Jy moet jou storie ken om saam met hom te oefen. As jy nie goed voorberei nie, sal hy jou beslis uitslaan.”

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ook Tyson se video op sy Twitter-rekening gedeel.

“Keep punching Mike!” het Trump geskryf.

Rugby:

  • Volgens Britse mediaberigte het Wêreldrugby voorgestel dat alle rugbywedstryde agter geslote deure gespeel moet word totdat daar ’n entstof vir Covid-19 gevind is.

Toetsrugby sal net kan voortgaan wanneer lande weer hul grense oopstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Burgermeester ·

Genugtig, maar oom Mike gooi daai houe. Ek wil nie saam met hom in ‘n bokskryt klim nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.