Agterblad-manne praat oor F1-dinge

Foto: Verskaf.

Die F1-seisoen begin Sondag in alle erns met die eerste wedren in Bahrein; ’n vooruitsig waarna die Agterblad-span reeds lank uitsien.

Die manne het elke grepie beskikbare data en elke kamera se beeldmateriaal noukeurig ontleed om hul voorspelings vir die komende seisoen te maak; selfs met die wete dat alles in elk geval verkeerd kan wees.

“Luister gerus na Francois en Hendré se beste pogings om te probeer vasstel wat die nuwe era vir motorsportliefhebbers kan inhou. Daar is ’n paar gedagtes wat sinvol is (in ons oë natuurlik), sowel as ’n paar wilde voorspellings wat vir elke beroepswedder ’n ordentlike hoofpyn sal gee.”

Gaan Lewis Hamilton sy agtste titel verower, of sal Max Verstappen en Red Bull weer die span wees om te klop?

Dalk is 2022 ook die jaar wanneer Hendré uiteindelik sy Ferrari-hoed wegbêre!

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente op Stellenbosch ontmoet het. Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.