Bofbalspeler staan terwyl spanmaats kniel

Sam Coonrod het nie die knie gebuig nie. (AP Photo/Mark J. Terrill)

Politieke standpunte word dikwels deur middel van sport aangevuur, maar ’n bofbalspeler van die VSA het geweier om die knie voor ’n wedstryd vir die Black Lives Matter-beweging te buig.

Sam Coonrod, wat vir die San Francisco Giants speel, het staande gebly terwyl die res van sy spanmaats die afgelope Donderdag die knie gebuig het vóór hul wedstryd teen die Los Angeles Dodgers.

Net voordat die Amerikaanse volkslied gespeel is, het al die spelers en afrigters ’n stukkie swart lap vasgehou. Hoewel Coonrod ook die lap vasgehou het, het hy nie die knie gebuig nie.

“Ek bedoel niks slegs daarby nie en ek dink beslis nie dat ek beter as enigiemand anders is nie. Ek is ’n Christen en ek glo ek kan slegs voor Jesus Christus kniel,” het hy in die Amerikaanse media gesê.

“Dit was my keuse om nie die knie te buig nie. As ek gekniel het, sou ek skynheilig gewees het en ek wil nie as so ’n persoon bekendstaan nie.”

Volgens Coonrod is daar ’n paar aspekte van die BLM-beweging waarmee hy nie saamstem nie – onder meer dat hulle glo meer tot Marxisme neig.

Die Giants se bestuurder, Gabe Kapler, het met Coonrod oor die gebeure gepraat.

Volgens The Mercury News het Kapler gesê dat hy al sy spelers sal ondersteun, ongeag hul politieke oortuigings of hul sienswyses.

“Ons gaan vir spelers die keuse bied om self te besluit of hulle die knie wil buig, staande wil bly, of iets anders wil doen. Hierdie was Sam se persoonlike keuse,” het Kapler gesê.

Hoewel Kapler die BLM-beweging ondersteun, het Coonrod hom bedank vir die wyse waarop hy die situasie hanteer het.

“Kapler gaan nie kwaad word as ek nie met hom saamstem nie. Ek dink dit is tans een van die wêreld se grootste probleme: Mense word kwaad vir ander wat nie met hulle oor ’n kwessie saamstem nie. Ek is byvoorbeeld nie vies vir die persone wat wel gekniel het nie; en ek sal graag wil hê dat hulle my op dieselfde wyse sal hanteer,” het Coonrod gesê.

Mark Fish. Foto: Facebook.

Die voormalige Bafana Bafana-verdediger, Mark Fish, het verlede week ook ’n storm op sosiale media ontketen toe hy op Twitter gesê het dat alle lewens saak maak.

“Ek is jammer as ek aanstoot gegee het. Ek is beslis nie ’n rassis nie, maar ek glo in alle mense; dus maak alle lewens saak. Maak nie saak wat jou verlede is nie, konsentreer op vandag en op die toekoms,” het Fish op Twitter gereageer nadat hy onder meer deur die kletsrymer Cassper Nyovest gekritiseer is.

Hy het verder gesê dat hy die wêreld deur God se oë sien en slegs voor God sal kniel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

koos10 ·

Hoeveel sal roep Here Here, maar ek sal hulle nie hoor nie. Daar sal ‘n dag kom dat elke knie gebuig sal word. Dit het Jesus gesê. (Nie verbratim aangehaal nie).
Wil jy vir my vertel Sam die enigste gelowige wat nie skroom om sy Geloof uit te leef nie.

Sharnelle ·

All life matters.

Ek sal op my knieë wees voor my God en voor Hom buig.

Delon ·

eintlik is jy nie korrek nie , Jesus het self gese jy moet nie jou lewe liefhe nie
“laat die dooies hulle eie dooies begrawe”
vir n Christen tel die lewe nie n punt nie , ons gaan hier net verby
ons lewe is in die hemel

koos10 ·

Delon, jou dade op hierdie aarde bepaal jou lewe hierna. Ek praat nou nie van jou daaglikse doen en late nie, maar as jy jou voor ander gode neerbuig en in stryd lewe teen God se gebooie, en geen berou toon nie, (sonde teen die Heilige Gees) dan weet ek wat met jou gaan gebeur na die dood, want die Bybel stel dit duidelik vir my. Ek oordeel nie, want die oordeel kom my nie toe nie, maar ek weet wat ek lees. Daarom bid ek: God beskerm my en laat my toe om elke besluit wat ek neem tot U eer sal wees.
Alle lewens is vir God belangrik, in jou kommentaar verwys jy na dooies. Hier het Jesus bedoel dat ons onsself nie met iets moet ophou wat reeds verby is en niks aan kan doen nie.

Jack ·

Baie baie waar. Waarom mag Moslems, Hindoes, linkse liberaliste, ateiste bv kommuniste, mammon aanbidders, hedoniste bv homo-seksueles en ander afwykendes, hulle ideologie luidkeels verkondig en dikwels met dreigemente van geweld probeer afdwing, maar Christene moet altyd die ander wang draai.

Dit is hoog tyd dat ons al hierdie afgodsdienaars aan die kaak stel vir wat hulle is.

Kokerboom ·

Trots op hulle wat nie knie buig. Ons leef in baie donker tye

Genis ·

Wel gedaan Sam Coonrod!!!! Beter as ons spelers, ek is klaar met SA Rugby en Krieket… hulle is in elkgval Chokers

Wilhelm ·

Sam kon maar gerus die knie gebuig het. Ons sal altyd die armes van gees (minderwaardiges) by ons he. Hulle smag na erkenning sodat hulle hul minderwaardigheid (en daar is ‘n goeie rede vir die minderwaardigheid) kan beveg. Die vlak van ‘n samelewing word gekenmerk deur hoe hy sy swakkelinge behandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.