CrossFitters gaan weer met Ope sweet

Rich Froning is een van die sport se helde. Foto: Twitter.

Derduisende CrossFitters wêreldwyd gaan weer op 11 Maart hul fiksheidstaal gedurende die jaarlikse Ope wys. En dit maak nie saak of jy 20 of 60 is nie, almal is welkom om deel te neem.

Volgens organiseerders sal vanjaar se kompetisie die toeganklikste in die sport se geskiedenis wees – deelnemers kan so te sê amper enige plek die oefeninge aanpak.

Fiksheidgeesdriftiges is onlangs op sosiale media meegedeel dat ’n mens slegs ’n paar gewigte (dumbbells en ’n barbell), ’n springtou en ’n plek om optrekke te doen benodig. Daar is selfs ’n opsie om die Ope sonder enige toerusting aan te pak.

“Verlede jaar was ’n uitdaging vir ons almal. Daarom wil ons die 2021-seisoen met ’n lekker toeganklike Ope-kompetisie afskop,” het CrossFit se Dave Castro gesê.

Met Mat Fraser wat vroeër vanjaar sy uittrede aangekondig het, kan ander atlete soos Pat Vellner of Noah Ohlsen uiteindelik met die Spele-louere wegstap.

In spanverband het regulasies gesorg dat CrossFit Mayhem met ’n paar splinternuwe gesigte sorg. Hulle is egter steeds die gunsteling om hul vyfde goue medalje te wen.

Spanleier Rich Froning se getuienis het al baie Christene in die CrossFit-wêreld aangespoor om hoër hoogtes in die sport te bereik.

Skryf hier vir die Ope in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.