Erge oorstromings beteken F1-aksie is van baan

(Foto: Twitter/Red Bull)

Swaar reën en vloede in die noorde van Italië het F1-base laat besluit dat die wedrenaksie op Imola nie sal voortgaan nie.

Die besluit is ná gesprekke met die ministers, die plaaslike burgemeester en promotors geneem.

“Dit is tragies om te sien wat in Imola en die omgewing van Emilia-Romagna gebeur – dit is die dorp en streek waar ek grootgeword het. Die slagoffers van die erge vloede en hul familielede is beslis in my gebede,” het Stefano Domenicali gesê.

Die F1-president was vol lof vir die nooddienste wat onverpoos werk om die inwoners by te staan.

“Hulle is helde en die hele Italië is trots op hulle. Die besluit wat ons geneem het, is die regte een – ons moet almal se veiligheid verseker en nie bykomende druk op nooddienspersoneel plaas nie.”

Volgens oorsese mediaberigte is 5 000 inwoners reeds na veiligheid geneem, terwyl vyf mense hul lewens in die oorstromings verloor het.

Max Verstappen is tans die voorloper op die jaerspunteleer ná sy suksesverhaal in Miami waar hy sy pad van negende tot eerste oopgeveg het.

Jaerspunteleer:

  1. Max Verstappen: 119 punte
  2. Sergio Perez: 105 punte
  3. Fernando Alonso: 75 punte
  4. Lewis Hamilton: 56 punte
  5. Carlos Sainz: 44 punte

Vervaardigerspunteleer:

  1. Red Bull: 224 punte
  2. Aston Martin: 102 punte
  3. Mercedes: 96 punte
  4. Ferrari: 78 punte
  5. McLaren: 14 punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.