Federer/Nadal-kaartjies binne 10 minute uitverkoop

Rafael Nadal van Spanje (regs) en Switzerland se Roger Federer. (AP Photo/Pavel Golovkin)

Altesaam 48 000 kaartjies vir die Roger Federer/Rafael Nadal- vriendskaplike tweestryd volgende jaar in Kaapstad is vanoggend binne tien minute verkoop.

Kaartjies was van 09:00 beskikbaar.

“Baie dankie aan al die ondersteuners wat plek bespreek het, of probeer bespreek het. Ons is heeltemal uit die veld geslaan deur jul ongelooflike ondersteuning,” het Janine Händel van die Roger Federer- stigting gesê.

“Kaartjies was van 09:00 by Computicket beskikbaar en dit is binne tien minute – ’n nuwe rekordtyd – uitverkoop.”

Sy het bygevoeg dat die moontlikheid oorweeg sal word om meer kaartjies beskikbaar te stel. Die wedstryd sal ook op televisie uitgesaai word.

  • Die wedstryd word op 7 Februarie 2020 op die Kaapstad-stadion gespeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gert ·

Klink na n verneukspul. Iewers maak iemand geld op n oneerlike wyse.

Jean ·

Uhhhmmmm…. Nie regtig nie…. 10 000 takke oor die land….

JohanL ·

10 000 takke oor die land? Kan jy dit bevestig asb? Het probeer soek op Internet oor hoeveelheid takke, maar nie juis iets gekry nie. Ek glo daar is baie takke, maar ek dink ook iewers het borge, ens met meeste kaartjies weggestap voor die tyd. Ja, sekerlik is borge geregtig op kaartjies, maar ek sal ook graag wil weet hoeveel was vir publiek beskikbaar? Die stadium kan 55 000 vat, maar afhangende van hoe die mense die potensiele ekstra sitplekke gaan hanteer, wonder ek net hoe het hulle net by die sg 48 000 uitgekom? Dalk was daar net 10 000 kaartjies aan publiek beskikbaar????

Verskeie mense het gekla dat hulle “oombliklik net na 09h00” reeds nie aanlyn kon koop nie. En onthou enige aankoop vanaf tak is ook maar aanlyn. ‘n Transaksie vat darem minstens 1 minuut indien nie 2 minute nie (invoer van info, prossesering van kaarttransaksie).

Onder die aanname dat elke persoon wat eerste gehelp kon word iewers sy toegelate 6 kaartjies gekoop het, beteken dit dat 8000 transaksies binne sekondes geprosseseer is. Ek weet darem nie.

Pieter ·

My internet is so stadig, ek het net my rekenaar aangesit toe is dit al 1 stel elk…

Quinna ·

Hulle lieg! Ek het stiptelik op die uur op beide my foon, na ek die app afgelaai het, en op my rekenaar gelyktydig kaartjies probeer koop. Op 1 sekonde na die uur is onmiddelik aangedui dat kaartjies”sold out” is. Dus nie binne 10min nie maar binne 1 sekond. Die kaders en sakemanne het al die kaartjies vooraf opgeraap.

En nou? ·

En hoeveel van hierdie kaartjies gaan weer teen astronomiese pryse verkoop word nader aan die datum!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.