
Conor McGregor se luukse Lamborghini-seiljag. Foto: Twitter.
Hoewel Conor McGregor sleg tweede in die gevegstrilogie teen Dustin Poirier gekom het, is hy steeds die hoogsbetaalde sportman ter wêreld.
Volgens Forbes het die 32-jarige Ier ongeveer $180 miljoen in sy sak gesteek, grotendeels te danke aan die sukses van sy Proper No. Twelve-whiskey.
En al kan hy huiwerig wees om weer in die hok te klim – ’n beenbreuk is niemand se speelmaat nie – is hy glad nie bang om van sy geld uit te gee nie.
Die omstrede gemengdegevegskuns-atleet het vandeesweek op sosiale media met sy splinternuwe (en peperduur) Lamborghini-seiljag gespog.
Lamborghini het slegs 63 van die luukse Tecnomar-seiljagte vervaardig en dit kos na raming $3,5 miljoen, terwyl dit ’n topsnelheid van amper 120 km/h kan handhaaf.
Hy sal die nuwe speelding seker lekker in sy vryetyd kan gebruik: Volgens Dana White (UFC-president) sal die veglustige Ier vir ongeveer ’n jaar op die krukkelys wees nadat hy die laer tibia van sy linkerbeen in die vorige geveg teen Poirier gebreek het.

Conor McGregor (links) en Dustin Poirier in aksie. (Foto: Stacy Revere/GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)
Die Ultimate Fighting Championship-baas het ook onthul dat McGregor met chroniese artritis in sy enkels sukkel.
“Dit kan tot ’n jaar neem om ten volle te herstel. Die gevegte is ’n taai sportsoort en ons sal moet sien hoe die res van sy loopbaan uitspeel,” het White gesê.
Intussen word op ’n vierde Poirier-McGregor-stryd gehoop.
“Ons gaan weer veg; of dit nou in die kryt of op die sypaadjie is,” het Poirier gesê, terwyl McGregor ook beloof het dat die wedywering nog lank nie verby is nie.
Conor McGregor has taken delivery of the $3.5 million Lamborghini yacht he purchased last year.
• 63-feet long
• Two-bedrooms
• 4,000 horsepower
• 70-mph top speedThe yacht is 1 of 63 that were made, with McGregor receiving #12 in honor of his Proper 12 whiskey. pic.twitter.com/uXsFJ6l9kB
— Joe Pompliano (@JoePompliano) July 20, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Hy wil beslis nie arm dood gaan nie!
Seiljag?
Baie geluk….sail away sail away sail away .
Is lekker om geld te hê! ????
‘n Boot moet darem seker ‘n seil hê om as seiljag te kwalifiseer. Hierdie lyk vir my kompleet soos ‘n motorboot met ‘n slaapkamer in.