Froning, Toomey op koers na CrossFit-sukses

Rich Froning en Kie. Foto: Instagram via CrossFit Mayhem.

Daar is die afgelope paar dae in Madison, Wisconsin, gehardloop, fietsgery, swaar sandsakke opgetel en geswem; alles in ’n poging om die CrossFit-kampioen vir 2022 te bepaal.

En met die laaste paar oefensessies wat vandag aangekondig word, lyk dit of Tia-Clair Toomey en Rich Froning vir ’n tikkie fiksheidgeskiedenis sal sorg.

Toomey is goed op koers om haar sesde agtereenvolgende individuele titel in te oes nadat sy aanvanklik gesukkel het om haar stempel by vanjaar se Spele af te druk.

Maar ’n rits toptienplekke beteken dat sy ’n gemaklike voorsprong van 98 punte bo die belowende Mal O’Brien geniet.

Dan behoort Froning saam met sy CrossFit Mayhem Freedom-span sy tiende goue medalje in te oes.

Die 35-jarige atleet het vroeg in sy loopbaan vier keer as ’n individuele deelnemer met die louere weggestap, terwyl hy al vyf keer saam met sy Mayhem-spanmaats die titel verower het.

Nóg ’n spanoorwinning sal ongetwyfeld die kroon op ’n baie suksesvolle CrossFit-loopbaan span.

In die mansafdeling is dinge nog nie ’n uitgemaakte saak nie.

Justin Medeiros – verlede jaar se kampioen – het tans net 17 punte meer as Australië se Ricky Garard in die tweede plek.

Die Aussie maak vanjaar sy Spele-terugkeer nadat hy in 2017 positief vir die gebruik van verbode middels getoets het.

  • Puntestand:

Mans:

  1. Justin Medeiros: 920 punte
  2. Ricky Garard: 903 punte
  3. Roman Khrennikov: 881 punte
  4. Jeffrey Adler: 727 punte
  5. Samuel Kwant: 711 punte
  6. Saxon Panchik: 710 punte
  7. Patrick Vellner: 678 punte
  8. Jayson Hopper: 675 punte
  9. Lazar Dukic: 657 punte
  10. Bjorgvin Karl Gudmundsson: 645 punte

Vroue:

  1. Tia-Clair Toomey: 958 punte
  2. Mallory O’Brien: 860 punte
  3. Emma Lawson: 797 punte
  4. Danielle Brandon: 792 punte
  5. Haley Adams: 748 punte
  6. Brooke Wells: 714 punte
  7. Kristi Eramo O’Connell: 713 punte
  8. Arielle Loewen: 702 punte
  9. Laura Horvath: 693 punte
  10. Alexis Raptis: 688 punte

Spanne:

  1. CrossFit Mayhem Freedom: 852 punte
  2. CrossFit Oslo Navy Blue: 807 punte
  3. CrossFit Invictus: 786 punte
  4. CrossFit Reykjavik: 762 punte
  5. CrossFit Mayhem Independence: 699 punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.