Grigor staal hom vir Novak-aanslag

Grigor Dimitrov. Foto: Twitter.

Grigor Dimitrov kon laas in 2013 met Novak Djokovic afgereken. Terselfdertyd het die Serwiër nege keer as oorwinnaar van die baan in hul tweestryde gestap.

“Novak is beslis geestelik sterker as ek; hy hanteer die groot oomblikke van ʼn wedstryd baie beter as ek. Tog was ons al in ʼn paar taai wedstryde en net soos hy het ek elke keer ʼn punt om te bewys,” het Dimitrov gesê.

Die twee spelers is tans slaags in die derde ronde van die Australiese Ope in Melbourne.

Die 31-jarige Rus het al vantevore met van die wêreld se beste spelers – soos Roger Federer, Rafael Nadal en Andy Murray – klaargespeel. Hy kan dus belangrike wedstryde wen.

“Ek is dankbaar vir elke liewe geleentheid wat ek kry om op die baan te wees. Ek wil egter nie net goeie potte teen hierdie top-ouens speel nie; ek wil hulle ook wen.”

Djokovic het in sy vorige wedstryd teen Enzo Couacaud met ʼn beenbesering gesukkel, maar hy het nietemin die knoop deurgehak en hy is op koers om sy tiende titel in Melbourne te wen.

Vreugdevure brand hoog vir Sebastian Korda

Sebastian Korda het gister ʼn spesiale vertoning gelewer om Daniil Medvedev uit te skakel. Die 22-jarige Amerikaner het verlede jaar se finalis met 7-6, 6-3 en 7-6 geklop.

Hy sal nou in die volgende ronde teen Pole se Hubert Hurkacz te staan kom.

“Hubert se afslaanwerk is beslis van die beste op die toer en hy is ook baie rats op die baan. Eintlik is daar baie ooreenkomste tussen hom en Daniil. Ek sien baie uit na die wedstryd omdat ons ook baie saam oefen,” het Korda oor sy komende kragmeting gesê.

Uitslae:

JJ Wolf klop Michael Mmoh met 6-4, 6-1 en 6-2

Tommy Paul klop Jenson Brooksby met 6-1, 6-4 en 6-3

Alex de Minaur klop Benjamin Bonzi met 7-6, 6-2 en 6-1

Holger Rune klop Ugo Humbert met 6-4, 6-2 en 7-6

Andrey Rublev klop Dan Evans met 6-4, 6-2 en 6-3

Sebastian Korda klop Daniil Medvedev met 7-6, 6-3 en 7-6

Karen Khachanov klop Frances Tiafoe met 6-3, 6-4, 3-6 en 7-6

Hubert Hurkacz klop Denis Shapovalov met 7-6, 6-4, 1-6, 4-6 en 6-3

Yoshihito Nishioka klop Mackenzie McDonald met 7-6, 6-3 en 6-2

Aryna Sabalenka klop Elise Mertens met 6-2 en 6-3

Belinda Bencic klop Camila Giorgi met 6-2 en 7-5.

Zhu Lin klop Maria Sakkari met 7-6, 1-6 en 6-4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.