Karla Pretorius in liefdadigheidswedstryd

Karla Pretorius en Lenize Potgieter in aksie in Australië. Foto: Facebook.

Die Proteas se bobaas-verdediger Karla Pretorius sal op 1 Maart in ’n liefdadigheidswedstryd ten bate van die Australiese veldbrandslagoffers in aksie wees.

Die 29-jarige Pretorius wat as die speler van die toernooi tydens verlede jaar se Netbalwêreldbeker in Liverpool aangewys is, sal vir die Suncorp Super Netball All Stars teen die Australian Diamonds speel.

Kylee Byrne, die hoofafrigter van Pretorius se klub in Australië, is in haar noppies dat Pretorius-hulle deel van die liefdadigheidsinisiatief is.

“Dit is wonderlik om onder andere vir Laura (Scharian) en vir Karla in die Diamonds- en All Stars-span te hê en hul deelname word ten volle deur hul klub ondersteun,” het Byrne gesê.

Byrne rig Pretorius se Sunshine Coast Lightning-span af.

“Hulle het almal gesê dit is ’n eer om gekies te word en dit is belangrik dat hul deelname van hul vir die slagoffers van die verwoestende brande is.”

  • Krieket Australië het verlede week ook met ’n vertoonwedstryd $7,7 miljoen ten bate van die brandslagoffers ingesamel. Krieketlegendes soos Courtney Walsh, Wasim Akram en Brian Lara was deel van die aksie.
  • Die twee netbalspanne:

Australian Diamonds:

Lisa Alexander (afrigter),  Caitlin Bassett (kaptein, GIANTS Netball),  Liz Watson (Melbourne Vixens), Kiera Austin (GIANTS Netball),  Ash Brazill (Collingwood Magpies), Courtney Bruce (West Coast Fever),  Paige Hadley (NSW Swifts), Sarah Klau (NSW Swifts), Tegan Philip (Melbourne Vixens),  Jamie-Lee Price (GIANTS Netball),  Laura Scherian (Sunshine Coast Lightning),  Caitlin Thwaites (Melbourne Vixens),  Gretel Tippett (Queensland Firebirds),  Maddy Turner (NSW Swifts).

Suncorp Super Netball All Stars:

Jhaniele Fowler (West Coast Fever), Jo Harten (GIANTS Netball), Nat Haythornthwaite (NSW Swifts), Helen Housby (NSW Swifts), Laura Langman (Sunshine Coast Lightning), Emily Mannix (Melbourne Vixens), Kristiana Manu’a (GIANTS Netball), Geva Mentor (Collingwood Magpies), Kate Moloney (Melbourne Vixens), Chelsea Pitman (Adelaide Thunderbirds), Karla Pretorius (Sunshine Coast Lightning), Gabi Simpson (Queensland Firebirds), Shamera Sterling (Adelaide Thunderbirds), Sam Wallace (NSW Swifts).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.