Kyk: Maya op die kruin van die golf

Maya Gabeira. Foto: Twitter.

Waar die meeste binnelanders vir ’n golf van net hoër as 2 m koes wanneer dit gedurende hul Umhlanga-vakansie op hulle afpyl, het Brasilië se Maya Gabeira duidelik nie ’n bang haar op haar kop nie.

Dié 33-jarige het vroeër vanjaar in Portugal ’n monstergolf van 22,4 m getem. Haar poging is pas as ’n nuwe wêreldrekord bevestig: Dit is die hoogste golf wat ooit deur ’n vrouebranderplankryer gery is.

Trouens, dit is ook amptelik die hoogste golf wat vanjaar deur branderplankryers gery is: deur mans of vroue.

“Die spoed waarteen die golf beweeg het, was vinniger as gewoonlik. Dit was egter die geluid wat die water gemaak het toe die golf gebreek het, wat my laat besef het dat dit waarskynlik die grootste golf nóg vir my was,” het Gabeira gesê.

“Die wêreldrekord is ongelooflik want dit was baie hoër as enigiets wat die mans vanjaar suksesvol getem het.”

Gabeira het die rekord naby die Praia do Norte-strand verbeter; dieselfde plek waar sy in 2013 byna verdrink het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.