Kyk: Oekraïense speler staande toegejuig

Daria Snigur het vir Simona Halep in die eerste rondte van die Amerikaanse Ope-uitgeskakel. Foto: Julian Finney/Getty Images/AFP.

Die Amerikaanse Ope het skaars in New York begin of ’n 20-jarige Oekraïense speler het vir een van die opwindendste wedstryde van die toernooi gesorg.

Die toeskouers het vir Daria Snigur staande toegejuig toe sy vir Simona Halep, ’n voormalige wêreldno. 1-speler, met 6-2, 0-6 en 6-4 geklop het. Dit was die jong speler se heel eerste Grand Slam-wedstryd.

Sy het terstond in trane uitgebars nadat sy die wenhou geslaan het. ’n Rukkie later het sy met haar hande ’n hartjie gevorm rondom die Oekraïense strikkie wat sy gedra het.

“Ek is baie, baie bly. Terselfdertyd was ek egter ongelooflik op my senuwees, maar ek het probeer om my heel beste tennis te speel,” het Snigur gesê terwyl sy hard probeer het om die trane weg te hou.

Dan het die 40-jarige Serena Williams vir Danka Kovinic met 6-3 en 6-3 geklop. Die Amerikaner, wat 23 groot titels in haar loopbaan gewen het, het vroeër aangedui dat sy haar raket ná die Grand Slam-skouspel in New York gaan wegbêre.

In die mansafdeling is Nick Kyrgios, Casper Ruud en Daniil Medvedev deur na die volgende rondte, maar Stefanos Tsitsipas het sy rieme styfgeloop teen Daniel Galán.

Die Griekse ster het die wedstryd met 6-0, 6-1, 3-6 en 7-5 verloor.

Uitslae:

Nick Kyrgios klop Thanasi Kokkinakis met 6-3, 6-4 en 7-6

Daniel Galán klop Stefanos Tsitsipas met 6-0, 6-1, 3-6 en 7-5

Brandon Holt klop Taylor Fritz met 6-7, 7-6, 6-3 en 6-4

Felix Auger-Aliassime klop Alexander Ritschard met 6-3, 6-4, 3-6, en 6-3

Pablo Carreno Busta klop Dominic Thiem met 7-5, 6-1, 5-7 en 6-3

Casper Ruud klop Kyle Edmund met 6-3, 7-5 en 6-2

Matteo Berrettini klop Nicolas Jarry met 6-2, 6-3 en 6-3

Daniil Medvedev klop Stefan Kozlov met 6-2, 6-4 en 6-0

Andy Murray klop Francisco Cerundolo met 7-5, 6-3 en 6-3

Serena Williams klop Danka Kovinic met 6-3 en 6-3

Anett Kontaveitt klop Jacqueline Cristian met 6-3 en 6-0

Ons Jabeur klop Madison Brengle met 7-5 en 6-2

Daria Snigur met Simona Halep met 6-2, 0-6 en 6-4

Maria Sakkari met Tatjana Maria met 6-4, 3-6 en 6-0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

George ·

Sal julle dieselfde reageer as Medvedev of n rus hul hande om die russiese vlag hartjie maak? Nee. Sulke “gebare” hoort nie op die sportsgronde nie.

George ·

Julle wie die gedislike het, is seker dies wat baie te se gehat het oor die BLM kniebuig, die, is niks anders nie. :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.