Liplek-lekker drama op Hockenheim toe Verstappen wen

Max Verstappen op die podium na hy die Duitse Formule Een-Grand Prix gewen het. Foto: (AP Photo/Jens Meyer)

Maande lank, sommige sê jare lank, het Formule Een-ondersteuners na ʼn driedubbele dosis drama, chaos en opwinding uitgesien.

En toe kry hulle Sondagmiddag op Hockenheim ʼn kersie op die koek toe die jong Nederlander Max Verstappen (Red Bull) die chaotiese Duitse Formule Een- Grand Prix in ʼn tyd van 01:44:31.275 gewen het.

Verstappen is gevolg deur Sebastian Vettel (Ferrari) wat in die 20ste wegspringposisie weggespring en sy weg oopgevleg het, Daniil Kvyat (Toro Rosso), wat 14de weggespring het, Lance Stroll (Racing Point), Carlos Sainz (McLaren) en Alex Albon (Toro Rosso).

Die ren het alles bevat: hoogdrama, ongelukke, goeie jaagwerk, verkeerde besluite, voete van klei.

Dit was net die regte medisyne om nuwe lewe in vanjaar se reeks te blaas en Mercedes se oorheersing effe in die bek te ruk.

Verstappen steek die wenstreep oor. Foto: (Epa pool photo Via AP/Suki Sulejmanovic)

Dit was ʼn nagmerriedag vir die Mercedes-renspan, een wat hulle beslis nie sal wil onthou nie, veral omdat dit boonop die 200ste ren was waarby die span betrokke was.

Die huidige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het drie keer van die baan af getol, ʼn ongeluk gemaak en is boonop beboet. Hy kon slegs 11de eindig.

Veel erger nog was die ongeluk wat Valtteri Bottas se drome beëindig het. Bottas was ongedeerd in die afgelope 22 renne, maar Sondag het dit tot ʼn einde gekom.

Breek ʼn lansie vir Albon, wat ná die ren gesê dat dit die eerste keer was dat hy in Formule Een op ʼn nat baan gejaag het en glad nie geweet het wat om te verwag nie.

Daniil Kvyat spuit Verstappen met sjampanje. Foto: (AP Photo/Jens Meyer)

Dalk was dit die regte uitgangspunt, want Hockenheim het soos ʼn slagveld in die reën en op die nat baan gelyk.

Ferrari se Charles Leclerc was ook in ʼn ongeluk betrokke, asook Nico Hülkenberg en Sergio Pérez.

Daar was ook ʼn lang lys van ander ongevalle, tussendeur die veiligheidsmotor wat vier keer ontplooi is.

Kyk ook ʼn bietjie hierna: Kevin Magnussen het ses keer in die kuipe aangedoen, Hamilton vyf keer, asook Verstappen, Vettel, Stroll, Romaoin Grosjewan, Robert Kubica en George Russell. Dit het alles tot die spanning bygedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

koos ·

En weereens dubbel standaarde. Hamilton kry 5 sekondes straf omdat hy aan die verkeerde kant van ‘n merker by die kuipe inry. Leclerc en Ferrari kry ‘n boete in geld waarde vir ‘n onveilige wegtrek uit die kuipe. ‘n Aksie wat lewens in gevaar stel. In vorige renne het het bestuurders tyd boetes gekry vir die aksies. Weereens is dit vir my bewys dat Ferrari anders behandel word as die res van die spanne.

Judge Dredd ·

Watse verskil sal ‘n tyd boete maak aan Leclerc wat nie die resies voltooi het?

Cuda ·

Die ren se toestande was ‘n groot gelykmaker. Jammer dat weer ‘n ren se lot bepaal wat tenminste onvoorspelbaar is. Merc se dominansie vir so lank beslis nie goed vir die sport nie. Koos, eks nie seker wie jy ondersteun nie. My gevoel weer is dat Merc baie besluite in hulle guns ontvang. Ook is die mense wat oortredings beoordeel, glad nie konsikwent nie.

Schalk ·

Cuda ek stem saam die onvoorspelbare uitslag was goed vir die sport. Duidelik die ander kleiner spanne ‘n kans gegee om ook te kompeteer. Koos hoe anders sou jy die Ferrari span wou beboet sonder om die drywer wat in die geval onskuldig is te benadeel?
Verseker is die FIA se panel onkonsekwent met hulle boetes en besluite.
Net ‘n vragie , wat van Hamilton se hangende ondersoek na hy blykbaar stadiger gery het agter die veiligheidsmotor as nodig?

Pieter ·

Nee wat Schalk, daar sal niks van kom nie – dis mos golden boy wat in gedrang is. LH kom mos met alles weg ten koste van die ander bestuurders. Gister kon hy nie die druk vat om nie voor te kan ry nie.

Pieter ·

Uiteindelik is LH se vlerke bietjie geknip. Hy is die grootste klaagkous wat ek al ooit gesien het. Kamtig is sy keeltjie seer, maar hy is die een wat die meeste op sy radio is en oor alles kla. Hy is soos ‘n ou vrou met ‘n nat broek. Mercedes word SO bevoordeel met besluite wat hul kant toe gaan by amper elke wedren.

koos ·

Julle verstaan my verkeerd. Dit gaan oor die feit dat as sekere beamptes moet straf uitdeel word sekere spanne bevoordeel. Gister was dit Ferrari, 2 weke terug Mercedes en so kan ons aangaan. Ecelstone het begin met sy voortrekkery van Ferrari en vandag kan die sport nie daarvan loskom nie. Die hele sport het ‘n nuwe baadjie nodig, dat almal gelyk is en gelyk kan meeding. O ja, ek ondersteun nie ‘n sekere bestuurder nie, maar wel ‘n span as geheel, ongeag wie die motors bestuur.

Nettie ·

Ek kyk hierdie farce glad nie meer nie. Vroeër was F1 opwindend – ek het pre-‘qualifying, ‘qualifying 1, 2, 3’ asook die ren self gekyk. Toe kom die F1-base met allerlei “gelykmakende” reëls en voorwaardes soos “no refuelling” en allerlei spesifieke bande wat MOET gebruik word en woeps! uit die venster is die opwinding van F1, waar die renjaer en sy span interessante ren-planne gemaak het, “pit stops” mens se hart van opwinding laat klop het ens. Vandag is F1 vir my net ‘n vervelige gezoem om en om en om ‘n renbaan vir ± 2 ure ….

Cuda ·

Hi Koos. Ek myself ondersteun Ferrari sedert ek as klein seuntjie gesien her hoe Jody S met Ferrari wereld Champ geword het. Daarna was dit droogte. Verseker was Ferrari nie bevoordeel nie. Hulle het heeltyd teen Meclaren, Renault, Williams, ens vasgeval. Volgens my kry Britse spanne gewoonlik die sagte behandeling. Ek sê nie Ferrari was nog nooit gelukkig in sekere besluite nie, maar hulle beslis hulle pakslae al gekry. Britse media is altyd sag op Britse spanne se foute en hard op veral Ferrari. Dis maar my ervaring. Elke ou sal dit sien van waar hy die sport ondersteun, wat OK is.

koos ·

Cuda. Ek stem saam met jou oor jou eie ondersteuning vir ‘n span. Maar is dit regverdig dat Ferrari se begroting 4 keer grooter is as Williams, deels omdat Ferrari sowat ‘n derde van die FIA se span toewysings kry? Sal jy nie saam met my stem dat die hele ding “geoverhaul” word nie. Sal dit nie wondere doen vir die sport as Williams of Haas ook goed genoeg is om te wen nie. Ek wil die beste bestuurder sien wen, nie die span met die meerste geld nie. Hoe lekker was dit toe Jenson en Braun die titel gewen het! Daar is 20 goeie bestuurders op die baan, maar net 3 top spanne. En hodes jong bestuurders wat net nie kan inkom nie. Ek glo ons paar wat die sport geniet, wil dit sien groei en nie stagneer soos met die Schumacher era en nou die Hamilton dominansie nie.

Cuda ·

Koos, ek stem ons wil hê daar moet meer wiel tot wiel ren wees. Ek dink ook dat die gereedskap te ver weg hol en te duur word. Oor Ferrari se ekstra geld kan mens baie praat. Dis die enigste span wat nog altyd daar was. Almal het al uitgeval en teruggekom of het eers begin deelneem toe dit hoë profiel sport geword het. As Ferrari môre uit F1 gaan, dink ek F1 sal armer wees, weens soveel tradisie. Dit gesê, voel ek die verdeling kan so bly, maar dit wat jy in ‘n jaar kan gebruik om deel te neem in ‘n jaar ,word beperk tot ‘n vlak, wat vir almal geld. Dis maar net my gevoel. Ek kan verstaan dat die ander ook wil skep, maar wie het F1 hier gebring…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.