Lokettreffer-wedstryde vandag op Roland-Garros

Rafael Nadal vier nóg ’n oorwinning op Parys se kleibane. Foto: Anne-Christine Poujoulat/AFP.

Tennisliefhebbers kan solank die springmielies nadertrek – die Franse Ope se lokettreffer-wedstryde begin gestalte kry.

Van die voorste manspelers is vandag in aksie met Rafael Nadal, Novak Djokovic en Carlos Alcaraz wat hul bes sal doen om vir die volgende ronde te kwalifiseer.

Soos wat dinge nou staan, is ’n kwarteindstryd-ontmoeting tussen Nadal en Djokovic ’n definitiewe moontlikheid, terwyl die opwindende Alcaraz dan vir die wenner van daardie tweestryd in die halfeindstryd wag.

Nadal se vierderonde-wedstryd teen Felix Auger-Aliassime het die bestanddele van ’n moontlike familietwis: Die vurige Spanjaard se oom en oudafrigter, Toni Nadal, is deesdae deel van die jong Kanadees se afrigterspan.

Tog glo Nadal dat dit nie veel van ’n probleem is nie.

“Ons is familie; boonop ’n familie wat altyd bymekaarstaan. Hy is eintlik soveel meer as net ’n oom vir my,” het Nadal gesê.

Onder Toni Nadal se bekwame toesig het die “koning van klei” 16 van sy 21 Grand Slam-titels ingeoes.

Djokovic kom teen Diego Schwartzman te staan; ’n speler teen wie hy nog nooit verloor het nie.

Die Argentyn het wel in 2017 gesorg dat Djokovic diep op Roland-Garros moes delf – die wedstryd was oor vyf stelle beslis en die wêreldnommereenspeler het uiteindelik met 5-7, 6-3, 3-6, 6-1 en 6-1 gewen.

Uitslae:

Holger Rune klop Hugo Gaston met 6-3, 6-3 en 6-3

Casper Ruud klop Lorenzo Sonego met 6-2, 6-7, 1-6, 6-4 en 6-3

Stefanos Tsitsipas klop Mikael Ymer met 6-2, 6-2 en 6-1

Hubert Hurkacz klop David Goffin met 7-5, 6-2 en 6-1

Marin Cilic klop Gilles Simon met 6-0, 6-3 en 6-2

Daniil Medvedev klop Miomir Kecmanovic met 6-2, 6-4 en 6-2

Andrey Rublev klop Cristian Garin met 6-4, 3-6, 6-2 en 7-6

Jannik Sinner klop Mackenzie McDonald met 6-3, 7-6 en 6-3

Madison Keys klop Elena Rybakina met 3-6, 6-1 en 7-6

Veronika Kudermetova klop Paula Badosa met 6-3 en 6-1

Jessica Pegula klop Tamara Zidansek met 6-1 en 7-6

Camila Giorgi klop Aryna Sabalenka met 4-6, 6-1 en 6-0

Iga Swiatek klop Danka Kovinic met 6-3 en 7-5.

Vandag se aksie:

Novak Djokovic teen Diego Schwartzman

Alexander Zverev teen Bernabé Zapata Miralles

Rafael Nadal teen Felix Auger-Aliassime

Carlos Alcaraz teen Karen Khachanov

Amanda Anisimova teen Leylah Fernandez

Coco Gauff teen Elise Mertens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.