Mat en Tia wen uitnodigingstoernooi

Mat Fraser vier sy oorwinning in ’n item. Foto: Facebook.

Wanneer jy in ’n dobbelplek is en jy hoor die name “Mat Fraser” en “Tia-Clair Toomey” kan jy gerus geld op hulle wed. Want as dit by CrossFit kom, is dié twee so te sê onstuitbaar.

Die twee – wat vir die afgelope ruk onoorwonne in die CrossFit Spele is – het pas die Rogue Uitnodigingsbyeenkoms in die VSA gewen.

Fraser was so te sê ligjare voor Patrik Vellner in die tweede plek, terwyl Toomey net ’n paar punte bo Ysland se gewilde Sara Sigmundsdottir was.

In die spankompetisie het Rich Froning – wat die Spele vier keer as atleet gewen het vóór sy uittrede uit die individuele kompetisie in 2014 – sy Mayhem Freedom in die derde plek klaar gemaak. CrossFit OC3 het met die goue medalje weggestap.

In die Legendes-kategorie het die voormalige Spele-wenners, Jason Khalipa en Samantha Briggs, gewys dat hulle nog ver van koud is toe hulle met die louere weggestap het.

Die CrossFit Spele word 1-4 Augustus in die VSA aangebied. Suid-Afrika se Jason Smith en Dina Swift behoort ook daar in aksie te wees, omdat hulle die beste onder die Suid-Afrikaanse Ope-deelnemers gevaar het.

  • Uitslae van die Rogue Uitnodigingsbyeenkoms:

Mans:

  1. Mat Fraser
  2. Patrick Vellner
  3. Cole Sager
  4. Streat Hoerner
  5. Chandler Smith
  6. Travis Mayer
  7. Scott Panchik
  8. Noah Olsen
  9. Willy Georges
  10. Rasmus Anderson

Vroue:

  1. Tia-Clair Toomey
  2. Sara Sigmundsdottir
  3. Annie Thorisdottir
  4. Katrin Davidsdottir
  5. Kristin Holte
  6. Kari Pearce
  7. Brooke Wells
  8. Dani Speegle
  9. Kristi Eramo
  10. Brooke Haas

Legendes (mans):

  1. Jason Khalipa
  2. Graham Holmberg
  3. Dan Bailey
  4. Tommy Hackenbruck
  5. Matt Chan
  6. Chris Spealler
  7. Mikko Salo
  8. Josh Everett

Legendes (vroue):

  1. Samantha Briggs
  2. Becca Voigt-Miller
  3. Annie Sakamato
  4. Christy Phillips-Adkins
  5. Kristin Clever

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.