Motorsport: Verstappen spring voor weg

Max Verstappen. Foto: Andrej Isakovic/AFP.

Die Nederlander Max Verstappen (Red Bull) spring vanmiddag 15:00 voor weg in die Emilia Romagna Grand Prix in Italië.

Die plaaslike ondersteuners se aandag sal egter op Charles Leclerc, wat in die tweede plek wegspring, en Carlos Sainz, in die vierde plek, gefokus wees. Die Italianers sal graag ʼn Ferrari-oorwinning wil sien.

Sergio Perez spring in die derde plek weg in die ander Red Bull-motor.

Lewis Hamilton (Mercedes) se treurmare duur voort en hy spring in die 14de plek weg. Sy spanmaat George Russell is in die elfde plek.

By die Portugese MotoGP-wedren spring die Suid-Afrikaner Brad Binder (KTM) vanmiddag 14:00 in die 12de plek weg. Sy broer, Darryn (Yamaha), moes met die 22ste wegspringplek tevrede wees.

Die Fransman Johann Zarco (Pramac Ducati) spring in die voorste plek weg. Langs hom in die voorste ry is die Spaanse jaers Joan Mir (Suzuki) en Aleix Espargaro (Aprilia).

Zarco spring vir die sewende keer voor weg, maar hy het nog nie ʼn wedren kon wen nie.

Verskeie jaers het weens nat kolle op die baan neergeslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.