Nasser glimlag tussen die duine

Nasser Al-Attiyah op die aanval in die Dakar-tydren. Foto: Verskaf.

Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel het hul algehele houvas op vanjaar se Dakar-tydren verstewig toe hulle die vyfde skof in hul Suid-Afrikaans geboude voertuig gewen het.

Die Toyota Gazoo Racing-spanlede het die skof van 374 km in net ʼn rapsie meer as vier uur voltooi om hul algehele voorsprong tot 22 minute 36 sekondes te vergroot.

“Dit was ʼn taai skof – nie net vir die voertuig nie, maar ook vir ʼn mens se lyf. Ons is egter nogtans trots op ons vertoning en ek is baie bly om ʼn skof te wen. Daar is nog ʼn lang pad wat voorlê en ons sal hard werk om ons voorsprong te vergroot,” het Al-Attiyah gesê.

Suid-Afrika se Henk Lategan het die skof in die sesde plek afgesluit, terwyl Giniel de Villiers met ʼn agtste plek tevrede moes wees.

“Dit was beslis ʼn baie fisieke uitdaging – ʼn mens se nek het veral swaar geleef. Daar was orals kameelgras terwyl die duine ook sake bemoeilik het; ons moes ons storie ken om daardeur te kom,” het De Villiers gesê.

Skof-uitslae:

  1. Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel (Toyota Gazoo Racing): 4:13:23
  2. Carlos Sainz en Lucas Cruz (Audi): 4:15:20
  3. Stephane Peterhansel en Edouard Boulanger (Audi): 4:17:07
  4. Yazeed Al-Rajhi en Dirk von Zitzewitz (Overdrive Racing): 4:22:06
  5. Guerlain Chicherit en Alex Winocq (GCK Motorsport): 4:24:32
  6. Henk Lategan en Brett Cummings (Toyota Gazoo Racing): 4:25:56
  7. Lucas Moraes en Timo Gottschalk (Overdrive Racing): 4:29:39
  8. Giniel de Villiers en Dennis Murphy (Toyota Gazoo Racing): 4:33:07
  9. Sebastien Loeb en Fabian Lurquin (Bahrain Raid Xtreme): 4:33:21
  10. Vaidotas Zala en Paulo Fiuza (Teltonika Racing): 4:33:55

Algehele puntestand:

  1. Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel: 20:47:36
  2. Stephane Peterhansel en Edouard Boulanger: +22:36 min
  3. Yazeed Al-Rajhi en Dirk von Zitzewitz: +27:01 min
  4. Carlos Sainz en Lucas Cruz: +34:52 min
  5. Henk Lategan en Brett Cummings: +57:58 min
  6. Lucas Moraes en Timo Gottschalk: +01:01:43 h
  7. Giniel de Villiers en Dennis Murphy: +01:07:57 h.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kneh Mokenah ·

Is Henk Lategan nie die bestuurder en Brett Cummings die navigator nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.