Novak bly wêreld se topraketswaaier

Novak Djokovic. (Foto: Matthew Stockman/Getty Images via AFP)

Ondanks Jannik Sinner se sukses in die Australiese Ope, is Novak Djokovic steeds die voorste speler op die internasionale verhoog.

Die 36-jarige Serwiër het tans 9 855 punte op die ATP-ranglys, gevolg deur Carlos Alcaraz (9 255 punte), Daniil Medvedev (8 765 punte) en Sinner (8 310 punte).

Sinner bly egter vierde op die ranglys, maar hy is net 945 punte weg van Alcaraz in die tweede plek en 455 punte agter Medvedev.

Die jong Italianer het met ʼn skittervertoning in die Australiese Ope vorendag gekom nadat hy met Andrey Rublev (kwarteindstryd), Djokovic (halfeindstryd) en Medvedev (eindstryd) klaargespeel het om die silwerware op die Rod Laver-baan omhoog te hou.

“Bravo, Jannik. Jy het dit beslis verdien,” het Djokovic op sosiale media gedeel nadat Sinner sy eerste Grand Slam-titel ingeoes het.

Rafael Nadal het hom ook gelukgewens.

“Baie geluk, Jan! Wat ʼn ongelooflike toernooi en spoggerige oorwinning vir jou, jou span, familie en land,” het die Spanjaard geskryf.

ATP-ranglys:

  1. Novak Djokovic: 9 855 punte
  2. Carlos Alcaraz: 9 255 punte
  3. Daniil Medvedev: 8 765 punte
  4. Jannik Sinner: 8 310 punte
  5. Andrey Rublev: 5 050 punte
  6. Alexander Zverev: 5 030 punte
  7. Holger Rune: 3 685 punte
  8. Hubert Hurkacz: 3 540 punte
  9. Taylor Fritz: 3 195 punte
  10. Stefanos Tsitsipas: 3 025 punte

WTA-ranglys:

  1. Iga Swiatek: 9 770 punte
  2. Aryna Sabalenka: 8 905 punte
  3. Coco Gauff: 7 200 punte
  4. Jessica Pegula: 5 705 punte
  5. Elena Rybakina: 5 688 punte
  6. Ons Jabeur: 4 076 punte
  7. Qinwen Zheng: 3 950 punte
  8. Marketa Vondrousova: 3 846 punte
  9. Maria Sakkari: 3 710 punte
  10. Karolina Muchova: 3 520 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.