Novak is die koning van tennis

Novak Djokovic het die ATP-eindronde in Turyn gewen. (Foto: Tiziana Fabi/AFP)

Daar is maar net een Novak Djokovic.

Die 36-jarige Serwiër het die sewende ATP-eindrondetitel van sy loopbaan ingeoes toe hy vir Jannik Sinner in ʼn eensydige eindstryd met 6-3 en 6-3 geklop het.

“Dit is ongetwyfeld een van die beste seisoene van my lewe. Jannik het in aanloop tot die eindstryd uitstekende tennis gespeel en dié oorwinning is vir my die kersie op die koek. Ek is baie trots op die vertonings wat ek teen hom en Carlos Alcaraz kon lewer – hulle tel onder die heel beste spelers ter wêreld en ek moes hard werk om hulle te klop,” het Djokovic gesê.

Die wêreld se voorste speler is veral in sy noppies daarmee dat hy die bordjies kon verhang teen Sinner – ʼn speler teen wie hy in die groepfase die onderspit gedelf het.

“Ek moes die wedstryd wen; ek kon nie net agteroorsit en wag dat hy ʼn fout maak nie. Ek het nou ʼn paar taktiese veranderinge gemaak; ja-nee, dit was inderdaad ʼn baie spesiale week.”

Volgens Sinner laat Djokovic jou nie met rus op die tennisbaan nie.

“Novak het baie goed gespeel, maar ek was met tye nie op my skerpste nie. Wat my fisieke spel betref, het ek ʼn paar keer die bal laat val. En wanneer jy dit teen die beste speler in die wêreld doen, sal hy jou beslis op die telbord straf,” het die jong Italianer gesê.

Benewens sy sukses op die baan, is Djokovic ook ʼn punteleer-meester.

Die Serwiër vier vandag sy 400ste week as die wêreld se voorste tennisspeler op die amptelike ATP-ranglys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

George ·

Goeie speler, maar nie goeie rolmodel nie, daarvoor moet die kids na sy PR span kyk.

George ·

Hy kan 40 titles wen. Steeds nie beter as Federer in my oe nie, nie eens beter as Nadal nie. Dis meer as stats wat jou n champ maak. Novak is soos Lewis vir my, maak nie saak hoe ver of hoe baie hy wen nie, hy sal nie beter wees Federer nie, soos Lewis nooit beter as Michael sal wees nie.

Michael ·

Ja nee George met hierdie tipe van redenasie beskou jy jouself ook seker ‘n beter speler as Novak

Theresa ·

Ek stem saam, die “boelie” van tennis…en hy weet hy sal nooit die status bereik wat Nadal en Federer geniet nie, hoe meer hy probeer hoe minder slaag hy daarin!

Hendrik ·

Die grootste kritisie ken Novak nie persoonlik nie. Hy bly die beste vanwee sy christenskap en vas beginsels. n Meer oop en persoonlik komminikeerbare persoon. n Serwiese pariot wat toegeweid lewe vir sy volk.

Treurwilger ·

‘n Interessante verskynsel, dié behoefte van sommige Federer-aanhanger/aanbidders om Novak voortdurend af te kraak.
Gelukkig is dit nie wederkerig nie.

Hendrik ·

100% reg. Gelukkig is dit nie wederkeurig nie. Dit verleen juis aan hom sy grootsheid. Altyd opbouend teenoor sy openente. Baie waardevol tov van opvoeding en onerwys in Serwie en dienend in kerklike sake. Ook n stem vir die opkomende jong tenniesspelers. Die globale beweging en pers hou natuurlik niks van sy patriotisme nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.