Osaka nie meer onder wêreld se tien bestes

Naomi Osaka. Foto: Michael Reaves/Getty Images/AFP

Naomi Osaka is volgens die jongste wêreldranglys die 12de voorste tennisspeler ter wêreld. Dit is die eerste keer sedert 2018 dat sy nie onder die tien beste spelers op die ranglys tel nie.

Die Japanse speler het vroeër ’n onbepaalde blaaskans van tennis geneem nadat sy deur die 19-jarige Leylah Fernandez uit die Amerikaanse Ope geskakel is.

“Ek weet ek sal weer tennis speel,” het Osaka in ’n episode van The Shop, ’n HBO-televisiereeks, gesê.

“Dit sal my nie eintlik veel pla of ek wen of verloor nie; ek wil net graag weer die vreugde ervaar om terug op die baan te wees.”

Osaka het vanjaar reeds Wimbledon misgeloop, terwyl sy haarself ook aan die Franse Ope onttrek het. Sy sal ook nie by die komende Indian Wells-toernooi in aksie wees nie.

Australië se Ashleigh Barty swaai steeds die septer as die no. 1-vrouespeler ter wêreld, terwyl Emma Raducanu (die 18-jarige Brit wat die Amerikaanse Ope gewen het) 22ste op die wêreldranglys is.

Serena Williams, die wenner van 23 Grand Slam-titels, beklee tans die 41ste plek.

  • Vroue-ranglys:
  1. Ashleigh Barty
  2. Aryna Sabalenka
  3. Karolina Pliskova
  4. Iga Swiatek
  5. Barbara Krejcikova
  6. Garbine Muguruza
  7. Elina Svitolina
  8. Sofia Kenin
  9. Maria Sakkari
  10. Belinda Bencic
  11. Petra Kvitova
  12. Naomi Osaka

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tanja ·

Osaka kan maar van die lys af gehaal word, haar tennis en haar houding is swak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.