Oudkampioen kry paniekaanval op Roland-Garros

Simona Halep. Foto: Anne-Christine Poujoulat/AFP.

Simona Halep, die Franse Ope-kampioen van 2018, het ’n paniekaanval tydens haar nederlaag teen Zheng Qinwen in Parys gekry.

Die Roemeense speler het die eerste stel met 6-2 gewen, maar het daarna met haar asemhaling begin sukkel en die hulp van ’n dokter is ingeroep.

Volgens Halep het sy haarself onder te veel druk geplaas omdat sy goed in die toernooi wou vaar.

“Ek het nie geweet hoe om dit te hanteer nie want dit gebeur eintlik nooit nie. Terselfdertyd is ek onseker oor die rede vir die paniekaanval – ek het dan voorgeloop. Ek het goed gespeel, maar ek kon daarna glad nie meer konsentreer nie.”

Zheng het die wedstryd uiteindelik met 2-6, 6-2 en 6-1 gewen en dit was vir Halep ’n bitter pil om te sluk.

“Dit was vir my moeilik om te hanteer, maar dinge gaan nou beter. Ek het herstel en sal hieruit leer.”

In die mansafdeling moes Stefanos Tsitsipas weer eens ’n kwaai aanslag afweer om met die uiteindelike louere weg te stap.

Die jong Griek het vir Zdenek Kolar met 6-3, 7-6, 6-7 en 7-6 geklop, maar moes veral in die derde en vierde stel bontstaan.

“Hy het my mal gemaak op die baan; dit was ’n groot frustrasie. Zdenek het die bal met elke krieseltjie krag in sy lyf geslaan, dit was eintlik ’n ongelooflike poging,” het Tsitsipas gesê.

Uitslae:

Andrey Rublev klop Federico Delbonis met 6-3, 3-6, 6-2 en 6-3

Jannik Sinner klop Roberto Carballes Baena met 3-6, 6-4, 6-4 en 6-3

Stefanos Tsitsipas klop Zdenek Kolar met 6-3, 7-6, 6-7 en 7-6

Giles Simon klop Steve Johnson met 7-5, 6-1 en 7-6

Mikael Ymer klop Dan Evans met 6-3, 3-6, 6-2 en 6-3

Hubert Hurkacz klop Marco Cecchinato met 6-1, 6-4 en 6-2

Lorenzo Sonego klop Joao Sousa met 7-6, 6-3 en 6-4

Marin Cilic klop Marton Fucsovics met 4-6, 6-4, 6-2 en 6-3

David Goffin klop Frances Tiafoe met 3-6, 7-6, 6-2 en 6-4

Daniil Medvedev klop Laslo Dere met 6-3, 6-4 en 6-3

Casper Ruud klop Emil Ruusuvuori met 6-3, 6-4 en 6-2

Iga Swiatek klop Alison Riske met 6-0 en 6-2

Shelby Rogers klop Danielle Collins met 6-4 en 6-3

Aryna Sabalenka klop Madison Brengle met 6-1 en 6-3

Qinwen Zheng klop Simona Halep met 2-6, 6-2 en 6-1

Paula Badosa klop Kaja Juvan met 7-5, 3-6 en 6-2

Leolia Jeanjean klop Karolina Pliskova met 6-2 en 6-2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kiepie ·

Dis omdat die bloedtoevoer na haar voete heeltemal afgebind is (sien foto). Ek sal ook pakiekerig raak as ek nie kan beweeg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.