Propvol F1-kalender in 2023

 Foto: Attila Kisbenedek/AFP.

Volgende jaar se F1-aksie begin amptelik op 5 Maart in Bahrein en ná 24 aksiebelaaide wedrenne sal die enjins vir oulaas op 26 November in Abu Dhabi afgeskakel word.

“Ons is opgewonde om 24 wedrenne aan te kondig wat wêreldwyd aangebied gaan word. Daar is tans ongekende aanvraag om wedrenne aan te bied en dit is baie belangrik om die regte balans te vind,” het Stefano Domenicali, F1 se uitvoerende hoof, gesê.

Katar en China maak hul Grand Prix-terugkeer, terwyl die geruite vlag ook in Las Vegas geswaai sal word.

F1 is tans op die kruin van sy momentumgolf en Domenicali is opgewonde oor wat die komende jaar vir die sport kan inhou.

“Dit is wonderlike nuus dat ons iets nuuts vir ons entoesiastiese ondersteuners in Las Vegas kan bied, terwyl ou staatmaker-venues steeds op die kalender is.”

Daar is egter gʼn teken van Kyalami nie.

Maroela Media het vroeër berig dat gesprekke tussen Formule 1 en South African Grand Prix Ltd  ʼn doodloopstraat bereik het.

Verskeie F1-sterre, onder wie Max Verstappen en Lewis Hamilton, het al aangedui dat hulle vir Suid-Afrika op die internasionale motorsportkalender wil hê.

Bepalings:

5 Maart: Bahrein

19 Maart: Saoedi-Arabië

2 April: Australië

16 April: China

30 April: Azerbeidjan

7 Mei: Miami

21 Mei: Emilia Romagna in Imola

28 Mei: Monaco

4 Junie: Spanje

18 Junie: Kanada

2 Julie: Oostenryk

9 Julie: Verenigde Koninkryk

23 Julie: Hongarye

30 Julie: België

27 Augustus: Nederland

3 September: Italië

17 September: Singapoer

24 September: Japan

8 Oktober: Katar

22 Oktober: VSA

29 Oktober: Mexiko

5 November: Brasilië

18 November: Las Vegas

26 November: Abu Dhabi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Kyalami kan seker ‘n kaskar wedren bekostig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.