SA vlag wapper by Epic

Dit was vandag tyd vir die derde skof van die Absa Cape Epic. Foto: Twitter.

Twee Suid-Afrikaners laat tans die bergfietsspeke in die vroueafdeling van die Absa Cape Epic sing.

Amy Wakefield en Candice Lill van die e-Fort.net: SeattleCoffeeCo-span is tans die algehele voorlopers nadat hulle ook die derde skof van die gewilde bergfietswedren in die Kaap gewen het.

Die twee het die afstand van 100 km tussen Hermanus en die Oak Valley-landgoed in die Grabouw-omgewing in ʼn tyd van 4:59:53 voltooi om hul algehele voorsprong tot amper tien minute te rek.

Hulle het vroeër die eerste skof gewen, terwyl hulle die tweede skof in die derde plek voltooi het.

In die mansafdeling het nóg ʼn Suid-Afrikaner, Matthew Beers, amok gemaak.

Die 28-jarige fietsryer het saam met die VSA se Christopher Blevins hul tweede skof op ʼn streep gewen toe hulle net voor Georg Egger en Lukas Baum oor die eindstreep gejaag het.

Nino Schurter en Andri Frischknecht is egter die algehele voorlopers, gevolg deur Egger en Baum.

Die vierde skof van 47 km word môre by die Oak Valley-landgoed beslis.

  • Skofuitslae:

Mans:

  1. Matthew Beers en Christopher Blevins (Toyota-Specialized-NinetyOne): 4:07:11
  2. Georg Egger en Lukas Baum (Orbea x Leatt x Speed Company): 4:07:12
  3. Fabian Rabensteiner en Wout Alleman (Wilier Pirelli Factory): 4:07:13

Vroue:

  1. Amy Wakefield en Candice Lill (e-Fort.net: SeattleCoffeeCo): 4:59:42
  2. Sofia Gomez Villafane en Katerina Nash (NinetyOne-Songo-Specialized): 5:02:40
  3. Kim le Court en Vera Looser (Efficient Infiniti Insure): 5:08:24

Mans:

  1. Nino Schurter en Andri Frischknecht (Scott-Sram MTB Racing): 13:32:57
  2. Georg Egger en Lukas Baum (Orbea x Leatt x Speed Company): 13:36:10
  3. Fabian Rabensteiner en Wout Alleman (Wilier Pirelli Factory): 13:37:55
  4. Matthew Beers en Christopher Blevins (Toyota-Specialized-NinetyOne): 13:40:38

Vroue:

  1. Amy Wakefield en Candice Lill (e-Fort.net: SeattleCoffeeCo): 16:45:44
  2. Sofia Gomez Villafane en Katerina Nash (NinetyOne-Songo-Specialized): 16:54:06
  3. Kim le Court en Vera Looser (Efficient Infiniti Insure): 17:05:07.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.