Skink vir Beers ʼn glasie vonkelwyn

Christopher Blevins en Matthew Beers. Foto: Twitter.

Suid-Afrika se Matthew Beers en sy Amerikaanse spanmaat – Christopher Blevins – is die algehele wenners van die Absa Cape Epic.

Die twee fietsryers van Toyota-Specialized-NinetyOne het weliswaar die sewende en laaste skof in die tweede plek klaargemaak, maar hulle het steeds genoeg gedoen om op die boonste plek op die podium te staan.

Hulle het nie net ʼn agterstand van agt minute ná die eerste skof uitgewis nie, maar hulle was ook ʼn hele paar keer die skofwenners.

“Dit was ʼn ongelooflike vertoning; nie net vandag nie, maar sommer ook die hele week. Die feit dat ons ná ʼn baie moeilike eerste skof kon terugveg, dui op ons goeie verstandhouding en vertroue in mekaar se vermoëns,” het Beers gesê.

Volgens die 28-jarige Suid-Afrikaner het toeskouers hulle ook tot hoër hoogtes aangespoor.

“Hulle het ons beslis aangevuur en ek dink ons het die laaste skof op pure adrenalien voltooi. Ek is egter nou doodmoeg!”

In die vroueafdeling het Kim le Court en Vera Looser met die louere weggejaag.

“Dit was ʼn taai en moeilike week en ons moes werklik diep delf, maar ons het dit gemaak. Ek dink dit gaan ʼn week of twee wees voordat alles behoorlik insink,” het Looser gesê.

Die twee het vroeër ook in die Kaapstad-fietstoer geskitter.

Le Court het daardie wedren gewen, terwyl haar Namibiese spanmaat toe tweede oor die wenstreep gejaag het.

  • Skofuitslae:

Mans:

  1. Georg Egger en Lukas Baum (Orbea x Leatt x Speed Company): 3:07:26
  2. Matthew Beers en Christopher Blevins (Toyota-Specialized-NinetyOne): 3:07:36
  3. Simon Stiebjahn en Martin Frey (Singer Racing): 3:08:22

Vroue:

  1. Greete Steinburg en Monica Martinez (Cannondale Vas Arabay): 4:02:50
  2. Kim le Court en Vera Looser (Efficient Infiniti Insure): 4:03:08
  3. Amy Wakefield en Candice Lill (e-Fort.net: SeattleCoffeeCo): 4:10:20
  • Algehele uitslae:

Mans:

  1. Matthew Beers en Christopher Blevins (Toyota-Specialized-NinetyOne): 26:17:04
  2. Georg Egger en Lukas Baum (Orbea x Leatt x Speed Company): 26:20:53
  3. Nino Schurter en Andri Frischknecht (Scott-Sram MTB Racing): 26:21:15

Vroue:

  1. Kim le Court en Vera Looser (Efficient Infiniti Insure): 33:11:37
  2. Amy Wakefield en Candice Lill (e-Fort.net: SeattleCoffeeCo): 33:44:02
  3. Sofia Gomez Villafane en Katerina Nash (NinetyOne-Songo-Specialized): 33:54:55.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.