Stillknocks en Kie. by gevegskuns-ekspo

Dricus du Plessis is een van die sterre by Saterdag se Versus-ekspo. Foto: Verskaf.

Dricus du Plessis maak gereed vir sy komende geveg teen André Muniz by UFC269, maar die Suid-Afrikaanse gemengde gevegskunsster gaan eers hierdie Saterdag ’n werksessie in Pretoria aanbied.

Die onoorwonne UFC-atleet sal saam met Sebastiaan Rothman en Danella Eliasov deel van die indrukwekkende seminaarspan by die Versus Fight & Fitness Expo by die Heartfelt Arena wees.

Benewens die seminaarsessies sal daar ook fiksheid- en gemengdegevegskuns-stalletjies wees, terwyl die Versus Fight Night 2 ook later vir verdere aksie met 14 gevegte sal sorg.

Vir meer inligting en om kaartjies vir die ekspo te bekom klik hier.

Du Plessis het onlangs ’n kontrak van twee jaar met Dana White se Ultimate Fighting Championship onderteken en hy wil poog om stelselmatig die ranglys na titelglorie te klim.

Die komende geveg teen die 14de gekeurde Muniz sal ongetwyfeld ’n stap in die regte rigting wees.

  • Van die ander gevegte op die UFC269-program op 11 Desember is:

Charles Oliveira teen Dustin Poirier (titelgeveg)

Amanda Nunes teen Julianna Pena (titelgeveg)

Leon Edwards teen Jorge Masvidal

Kai Kara France teen Cody Garbrandt

Raulian Paiva teen Sean O’Malley

Geoff Neal teen Santiago Ponzinibbio

Pedro Munhoz teen Dominick Cruz

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.