Topspeler kies entstof bo toernooi

Victoria Azarenka. Foto: Matthew Stockman/Getty Images/AFP.

Een van die wêreld se voorste vrouetennisspelers, Victoria Azarenka, het haar aan die Stuttgart-ope onttrek omdat die toernooi met haar geskeduleerde Covid-19-inenting bots.

“Ek sal ongelukkig nie in Stuttgart kan deelneem nie omdat ek dan my eerste dosis van die entstof ontvang. Ek wens die toernooi alle voorspoed toe en ek hoop om volgende jaar weer daar te speel,” het sy op sosiale media geskryf.

Azarenka is 15de op die wêreldranglys, terwyl sy al twee Grand Slam-toernooie gewen het.

Die ATP- en WTA-beheerliggame moedig spelers aan om teen Covid-19 ingeënt te word, maar volgens Sky Sports is nie al die spelers gretig om die entstof te ontvang nie.

Een van die wêreld se voorste naellopers, Jamaika se Yohan Blake, het vroeër gesê hy sal nie toelaat dat hy teen Covid-19 ingeënt word nie.

Hoewel die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) nie atlete dwing om die entstof te neem nie, het hy steeds sy stem oor die onderwerp dik gemaak.

“Ek wil dit nie hê nie. Ek sal liewer die Olimpiese Spele misloop as om die entstof te neem. Ek wil nie verder daaroor uitbrei nie, maar daar is redes vir my besluit,” het Blake aan die Jamaikaanse media gesê.

Blake se beste tyd in die 100 m is ’n blitsige 9,69 sekondes en hy was een van Usain Bolt se grootste teenstanders op die atletiekbaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

koos10 ·

Net vir jou kennisname. Dit is baie moelik om tennis te speel met bloedklonte.

VaalDonkie ·

Hoekom sou ‘n jong, fikse persoon nodig he om ‘n entstof te kry vir ‘n virus wat glad nie gevaarlik is vir haar nie?

Karel Kobus Kruger ·

Omdat sy waarskynlik vrotsig sou vaar in die toernooi. 15de beste is ook maar so-so.

Thom ·

Ek neem aan dat jy al meer as 3 ” slams ” gewen het ? Ek wil jou verder wed dat jy nie ‘n enkele pot teen die ” vrotsige ” speler sal wen nie ___ kom ek doen beter ; dat jy nie ‘n enkele pot sal wen teen die wêreld se 100 ste beste damesspeler nie .

koos10 ·

Jhoooo Thom. Kalmeer! Gysbert het niks van homself gesê nie. Net sy opinie gelig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.