Tour de France: Pogacar dra steeds geel trui

Tadej Pogacar. (Foto: Philippe LOPEZ/AFP)

Tadej Pogacar het Sondag te midde van verskeie uitdagings in die 15de skof van die Tour de France die algehele voorsprong behou.

Die uitmergelende skof is deur die Amerikaner Sepp Kuss van die Jumbo Visma-span gewen. Dit was Kuss se eerste skofsege en die Spanjaard Alejandro Valverde was tweede, gevolg deur Wout Poels van Nederland.

Pogacar was egter die groot wenner van die dag nadat hy te midde van verskeie aanvalle teen hom kalm gebly en sy tempo behou het.

Die Ineos Grenadiers het gehoop om Pogacar onder druk te plaas ten einde hul spanmaat, Richard Carapaz, in die stryd om die geel trui te kry.

Die 22-jarige Pogacar het egter die aanvalle afgeweer terwyl hy moes toekyk hoe sy spanmaats een vir een afsak.

“Ek was nie bang nie, want ek was gemaklik met Ineos se plasing,” het Pogacar gesê.

“Dit lyk na ’n baie moeilike derde week en vandag het hulle my regtig hard laat werk,” het die verdedigende kampioen egter erken.

Carapaz is tans vierde, 5 minute en 33 sekondes agter Pogacar. Rigoberto Uran is tweede terwyl Denemarke se Jonas Vingegaard in die derde plek is.

Maandag is ’n rusdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.