Verstappen: ‘Lewis se feesvieringe dui op geen respek’

Max Verstappen en Lewis Hamilton. Foto: Emilio Morenatti/AFP.

Max Verstappen is uit die hospitaal ontslaan, maar die naweek se gebeure op die Silverstone-renbaan in Engeland laat steeds ’n wrang smaak in sy mond.

Die 23-jarige Red Bull-ster se poging om sy vyfde agtereenvolgende wedren te wen, is in die eerste ronde van die Britse Grand Prix kortgeknip toe hy en Lewis Hamilton om ’n draai swaarde gekruis het. Die jong Nederlander se motor het getol en hy het teen amper 290 km/h teen ’n versperring gebots.

Die Mercedes-renjaer is met tien sekondes gestraf omdat hy die ongeluk veroorsaak het, maar met Verstappen uit die prentjie en met Charles Leclerc wat soms met sy Ferrari-enjin gesukkel het, het hy eerste oor die wenstreep gejaag.

“Die straf wat opgelê is, help ons [Red Bull] glad nie en dit regverdig nie die gevaarlike maneuver wat Lewis op die baan gedoen het nie. Om sy buitensporige feesvieringe vanuit die hospitaal dop te hou dui op geen respek nie, maar ons moet aanbeweeg,” het Verstappen op sosiale media gedeel.

Hamilton het op sy beurt gesê dat Sondag se voorval die gevare van F1-renne beklemtoon, terwyl hy vir Verstappen as ’n “ongelooflike teenstander” beskryf het.

“Ek sal altyd verbete jaag, maar ook altyd regverdig. Ek is trots op my span se deursettingsvermoë – dit is wonderlik om voor my tuisskare te wen,” het Hamilton gesê.

Die verdedigende kampioen het egter ná die afloop van die wedren onder rassistiese kommentaar deurgeloop.

Benewens Twitter en Facebook, het Mercedes en Red Bull ook die kommentaar veroordeel.

“Hierdie gedrag het geen plek in ons sport nie en ons doen ’n beroep dat diegene wat hulself daaraan skuldig maak, verantwoording vir hul dade moet doen,” het Mercedes en F1 in ’n gesamentlike verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

VaalDonkie ·

Die enigste rede waarom daai klein mannetjie so vinnig is is omdat hy so klein soos ‘n perdejoggie is.

Andre ·

Max het Saterdag bewys dat hamilton nie goed is nie .Hy moes gediskwalifiseerd gewees het gans en al te lig daarvan af gekom

piet ·

Hy’s goed. Sit nie in enige ou se broek om wereldrekords te breek nie. Onthou – daai tyd wat Schumacher so oorheers het, was sy motor ook maar die beste. Tog kan jy sien dat die ouens se spanmaats nie so suksesvol is nie, so hulle is beter.

koos10 ·

Daar word te veel gepraat. Praat julle 2 op die baan asb. Max se pa ook nou betrokke. Nee wat hoe verlang ek na F1 voor sosiale media!

Ampie ·

Lewis is seker goed tewyte aan al sy prestasies maar stem saam met ou legende Jackie Steward, ‘sonder Mercedes sou Lewis nie so presteer het nie’.

piet ·

Dit kan jy van enige dominerende renjaer en vervaardiger in die moderne era se. Die feit dat hulle beter is as hul spanmaats met dieselfde motors vertel tog ‘n verhaal van hulle kwaliteit.

koos10 ·

Piet, so waar. Sonder Ferrari sou die groot Schumacher ook niks gewees het nie.

Eddie ·

Koos, jy vergeet dat Schumacher sy eerste 2 wêreldtitels met ‘n Benetton gewen het en nie Ferrari nie. Formule 1 is al etlike jare ‘n groot klug want dit is feitlik die enigste kompetisie waar “soortgelyke” motors in A, B en C kategorieë verdeel word wat net weereens dui op die groot (finansiële) verskil tussen die spanne. Ook is daar soveel tegnologie te sprake dat dit eintlik meer speelgoed is vir finansieël sterk spanne. Indien dieselfde reëls van toepassing byvoorbeeld op Indy motors sou geld vir F1, sou Mercedes en Ferrari beide meer as die helfte van hul personeel moes laat gaan, dit is ‘n bekende feit. Die reëls van toepassing by Indy motors is van so ‘n aard dat dit gaan oor die beste bestuurder, nie die finansies van ‘n span nie. Ook is die motors gemiddeld 40km/h vinniger as F1 en verg baie meer bestuursvernuf as F1, die dat weinig F1 daar die mas opkom. Iemand soos Alonso probeer al vir 3 jaar en hy sukkel. Montoya het groot sukses bereik.

piet ·

Eintlik is Indy nie vinniger nie maar stadiger. Hulle haal wel ‘n hoer topspoed op hulle spesifieke bane wat hulle jaag as F1 op Grand Prix bane omdat F1 motors aangepas moet word vir moeiliker draaie en as gevolg van hul streng regulasies (en as gevolg van die uitleg van die baan). As jy appels met appels wil vergelyk moet jy meet hoe vaar die motors op dieselfde baan. In 2019 het Indy op die VSA Grand Prix baan plaasgevind, die vinnigste kwalifiserende tyd was 14 sekondes stadiger as die Grand Prix s’n van dieselfde jaar. F1 motors is tegnologies verder gevorder en hul versnelling is ook beter. Siende dat F1 jaers ook met moeilike draaie, ens. moet klaarkom, dink ek dit verg beter bestuursvernuf. Alonso was nou nie juis Hamilton gehalte nie en Montoya kon ook maar net enkele Grand Prix wedrenne wen met ‘n baie goeie kar. Dis wel so dat Indy-motors basies dieselfde spesifikasies het met die gevolg dat een of twee spanne nie geheel en al oorheers nie.

Eddie ·

Piet, ek stem nie saam met jou nie. Met die uitsondering van enkele ovaalbane is die oorgroote meerderheid Indy-bane straatbane waar die bane en draaie ens. nie aangepas is om te kompenseer soos in die geval van F1 nie maar eerder die bestuurder te dwing om te bestuur. Die blote feit dat jy noem dat F1 “vinniger” is, is oor die tegnologie wat oorneem by die bestuurder en nie die bestuurder beter maak nie. Hamilton is grootgemaak deur McLaren vandat hy 12 jaar oud was. Plaas hom in een van die swakker spanne en dan kan ons werklik sien van watter stoffasie hy gemaak is, my persoonlike opinie … hy sal vinnig verdwyn …. Terloops, Montaya word beskou as een van die mees veelsydigste renjaers, insluitend Le Mans reeks, Indy, F1 ens.

piet ·

Wat mense moet verstaan, is dat Hamilton soos Senna voor hom aggressiewe renjaers is, dit in teenstelling met ouens soos Prost en Schumacher (in ‘n mindere mate). Aggressiewe renjaers is geneig om meer kanse te waag (wat nie noodwendig teen die reels is nie anders sal hulle gestraf word). Senna het ‘n paar keer vir Prost van die baan af gery. Party mense hou van aggressiewe jaers en ander nie. Ek dink hulle bring ‘n mate van opwinding tot die wedrenne solank hulle binne die reels bly. So dit hang ook maar af waarvan ‘n ondersteuner hou. Persoonlik was ek ‘n Prost en Schumacher man.

Harley Davidson ·

Kniebuig is eending maar om openlik te verneuk en sodoende ‘n mede sportman se lewe in gevaar te stel ,dit is next level.

Ian ·

Lewis het die talent en Mercedes het die tool. Saam is hulle n goeie kombinasie maar dit maak nie die persoonlikheid nie. Jy mag eerste oor die lyn wees maar sy persoonlike lewe is verrot. Om polities te raak en vir rasbehepte mense te stem en ongelukke te veroorsaak sonder om te erken jy het n fout gemaak op daai vlak waar jy etlike miljoene rande verdien is swak. Ek is jammer maar hy het sy tyd gehad hy het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.