Wees ’n superheld met dié padwedloopreeks

Terwyl die wêreld gesluit is vir gewone [massa-deelname] padwedlope soos die Comrades-marathon en ’n magdom ander wedlope oor korter afstande, het die Suid-Afrikaanse maatskappy, Sportsvendo, gesorg dat die huidige pandemie nie die genot, plesier en gesonde oefening van Suid-Afrikaners ontneem nie.

Sportsvendo het in ʼn vennootskap met twee reusehandelsmerke, Warner Bros en DC, ’n reeks virtuele byeenkomste ontwerp. Dié nuwe wedloopreeks kan, soos Leon Swanepoel, die besturende direkteur van Sportsvendo, met reg sê, “… dalk nog baie waardevolle befondsing vir Suid-Afrikaners inbring…”

Sportsvendo, gesetel in Pretoria, het op 19 Julie die eerste Justice Leaugue-padwedloopreeks, die Superman-wedloop, aangebied. Die Wonder Woman-wedloop volg op Vrouedag, en daarna kan jy ook uitsien na die Aquaman-wedloop, die Batman-wedloop en die Flash-wedloop – elkeen ongeveer ’n maand ná die vorige wedloop.

Die wedlope sorg vir baie opwinding wanneer duisende hardlopers en stappers op dieselfde dag en tyd in die strate van dorpe en stede oral in Suid-Afrika verskyn.

Tydens die wedlope gaan deelnemers die betrokke superheld-T-hemp dra en die wedlope sal natuurlik binne die Covid-19-beperkings plaasvind. Op die dag van, byvoorbeeld die Aquaman-wedloop, gaan daar dus oral mense te sien wees met hulle Aquaman-T-hemp en hulle hardloop of stap die afstand waarvoor hulle ingeskryf het – maar dit word gedoen vanaf hulle eie voordeur en in die dorp op stad waar hulle bly.

Daar gaan dus nêrens massas of groepe mense wees wat saam hardloop nie. Elke deelnemer hardloop op hul eie, maar omdat duisende mense op dieselfde tyd hulle eie roete hardloop, gaan dit inderdaad ’n landswye verskynsel wees wat baie aandag trek.

Die feit dat die wedlope ook ten bate van behoeftige kinders aangebied word gee die reeks ook meer diepte. Deelnemers gaan nie net aan ’n interessante en prettige byeenkoms deelneem nie, hulle gaan ook daartoe bydra dat kinders in die proses daaruit baat vind. Hoe meer deelnemer inskryf en deelneem, hoe meer gesonde maaltye ontvang behoeftige kinders!

DC se tekenprentreekse en -films is baie bekend en daar word verwag dat dié padwedlope net soveel aandag sal trek en ’n groot aantal deelnemers sal lok – nie net in Suid-Afrika nie, maar binnekort ook wêreldwyd.

Een van die bekendste aanhalings van DC se Superman lui min of meer só in Afrikaans: “Daar is ‘n superheld in ons almal, ons moet net die rol aanvaar” en ook: “Doen goed aan ander en elkeen kan ‘n supermens wees.” Hy het ook gesê: “So baie van ons drome lyk onmoontlik of onwaarskynlik, maar indien ons die wil en deursettingsvermoë het om dit aan te pak, word dit waar.” “Gee mense ‘n ideaal om na te streef en hulle sal dit navolg. Hulle sal struikel en hulle sal val, maar mettertyd sal jy hulle help om wonders te verrig.” Waar woorde, dit is gewis!

Ons vra ons mede-supermense om in te skryf, hul superheld-T-hemde aan te trek en deel te neem deel aan die Justice League Virtuele Reeks. Ons het al die hardlopers en stappers van hierdie land nodig om by ons aan te sluit. Wees ‘n superheld. Moenie die Justice League-wedlope misloop nie! Moenie die geleentheid laat verbygaan om pret te hê EN ‘n honger kind te voed nie.

Deelname aan hierdie virtuele wedlope verseker finansiële bydraes aan begunstigdes soos Headstart Kids (wat spesiale kospakkies aan kinders van 6 maande tot 5 jaar voorsien). Verligting sal gegee word aan mense in nood. Hoe meer inskrywings, hoe meer voedselpakkies en etes kan ons aan behoeftiges versprei.

Sien uit na die res van die wedlope in die 2020 Justice League Virtuele Wedloop-reeks op die volgende datums:

Sondag, 9 Augustus: Wonder Woman-wedloop
Sondag, 6 September: Aquaman-wedloop
Sondag, 4 Oktober: Batman-wedloop
Sondag, 8 November: The Flash-wedloop

Volg die Justice League Virtual Run Series:
Facebook & Instagram: @JLRunseries
#JLRunSeries20 #VirtualHeroes

Besoek die webwerf om in te skryf:
www.justiceleagueseries.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.