Wie het die meeste talent: Verstappen of Hamilton?

Max Verstappen en Lewis Hamilton sê mekaar die stryd aan. Foto: Javier Soriano/AFP.

Lewis Hamilton en Max Verstappen is besig om mekaar gas op die renbaan te gee. Hoewel die Brit die beste begin tot sy F1-seisoen van sy loopbaan het, is die jong Nederlander ook besig om opslae te maak.

En twee voormalige wêreldkampioene, Jenson Button en Damon Hill, is verdeeld oor wie die meeste talent agter die stuur het.

Die geruite vlag het in 2009 gereeld vir Button geswaai toe hy as die wêreldkampioen saam met Brawn gekroon is. Volgens die 41-jarige Brit onderskei Verstappen se aggressie en vaardighede hom van die res van die F1-sterre.

“Max beskik oor ongelooflike vaardighede. Trouens, wanneer ’n mens van suiwer talent praat, glo ek dat hy die talentvolste bestuurder in die sport se geskiedenis is,” het Button gesê.

Hy het egter ook ’n pluimpie vir Hamilton.

“Lewis is die mees afgeronde renjaer – veral wat ervaring en sy professionele benadering tot die sport betref. Maar wat suiwer talent betref is Max in ’n klas van sy eie en ek dink nie Red Bull sal hom sommer wil laat gaan nie.”

Op sy beurt het Hill – wat in 1996 die wêreldtitel in sy Williams gewen het – op sosiale media Hamilton se lof besing.

“Besef ons dat ons die vordering van een van die talentvolste persone ooit  kan volg? Lewis Hamilton is ’n merkwaardige persoon en ons kan net in verwondering toekyk,” het Hill geskryf.

Hamilton het tans 94 punte op die punteleer, gevolg deur Verstappen met 80 punte.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Duck ·

Ek is ‘n ywerige F1 ondersteuner, maar deesdae is dit so vervelig en voorspelbaar, Hamilton eerste, Max, tweede en Bottas derde. Elke Sondag wat hul ry. En dit sal so bly, ek is glad nie meer opgewonde as ek hoor hul jaag die naweek nie, soos hul sè “same old same”
Jy kan maar so ‘n paar mis, sal nie veel mis nie. Miskien die komende naweek in Monaco kan iemand anders ‘n slag wen, maar……jy gaan niks mis nie.

koos10 ·

Met talent alleen gaan jy nêrens kom nie. HARDE WERK en ONDERVINDING is net so belangrik, en op hierdie staduim is Hamilton voor, want hy het jare se ondervinding. Glo my reg, soos dit nou staan het albei hope talent, maar Sondag het Lewis gewys hoekom hy die wêreld se beste is. Ek hou niks van hom nie, maar hy is die wêreld se beste, met die beste span agter hom.
As daar nie volgende jaar nuwe karre en reëls sou inkom nie, glo ek dat Max oor 2 jaar die wêreld kampioen sou wees. Maar nou ja, 2022 is in heel nuwe jaar en almal begin maar weer van onder af.

Ek sou wat wou gee om beide in die selfde karre te sien, en ook dan in beide spanne se karre.

Paar jaar terug is ook gevra wie die beste was tussen Senna en Prost en ook tussen Schumancher en Mika, en so word die vrae altyd gevra, maar die realiteit is dat dit NOOIT beantwoord kan word nie, behalwe deur statistieke. Voor Hamilton was Schumacher die beste ooit, na Hamilton kan dit Max wees?

Michael ·

Hamilton het sonder twyfel die meeste talent. Hy is sy hele lewe lank benadeel en te na gekom, hy het nie naastenby soveel geleenthede as jong seun en later as volwassene gehad as sy tydgenote wat van ‘n ander kleur was nie. Hy moes sy hele lewe lank stry om te bewys hy is net so goed soos mense van ‘n ander kleur en steeds het hy bo uitgekom. Hy het ‘n lewe van geweldige verdrukking en swaarkry agter hom en steeds volgens hom. So dis merkwaardig wat hy bereik het, die man het ongelooflike talent-meer as enige renjaer voor hom

johan ·

Ag nonsens man. Hy is van jonk af deur Mercedes opgelei. Sy kleur het hom eerder bevoordeel.

Michael ·

Ja maar nie so goed opgelei soos hulle ‘n wit renjaer sou oplei nie

Michael ·

Indien Michael onder dieselfde geweldige moeilike omstandighede geleef het as wat Hamilton as renjaer van kleur moes deurmaak, dan sou hy maar baie gemiddeld gewees het. Michael se prestasies is te danke aan die voorkeurbehandeling wat hy as wit renjaer ontvang het

Tubac ·

Ja! Hier kom die rassisme weer te voorskyn. Kan nie n debat voer sonder om die RAS te gebruik nie. Tipies in ons ou samelewing.

Michael ·

Ongelukkig is dit feite Tubac. Deur voor te gee dat jy nie rassities is nie terwyl jy die rassime rondom jou ontken, is jy juis rassisties. Solank mense soos jy dit ontken sal sportmannevroue soos Hamilton nooit op gelyke voet kan meeding nie.

Tubac ·

Die feite is dat niemand hulle meer steur aan sulke kommentaar soos gebesig nie. Rassissme word aangeblaas vir eie gewin en/of sinistere redes.

Michael ·

Tubac en tog hou jy aan reageer op my kommentaar waaraan jy jou nie steur nie, baie interessant van jou

Fran ·

Waar val jy uit? Ken duidelik nie die storie nie…..om as jong seun in motorwedrenne betrokke te raak moet jou pa baie geld hê. Dis ‘n duur sport om as amateur te beoefen. Dan kom borgskappe as jy goed genoeg is en dis hoe hy dan sy talent kon bekendstel. Moet asb nie altyd alles glo wat jy lees nie…..meeste is twak. Ja hy is as gekleurde renjaer skeef behandel maar sy talent het hom laat vorder. Hou tog op met die omdat -ek-swart-is-word-ek-benadeel houding. Meeste gebruik dit as verskoning om nie hard te werk nie.
As jy hard werk en gedisiplineerd is sal jy bo uitkom ongeag jou velkleur.

Stefaan ·

Die George Russell Hamilton se motor bestuur het moes hulle ‘n “fout” maak met die bande en sodoende moes Russell een kuipe stop meer doen net om te voorkom dat hy wen.

Corne ·

Ek stem saam. Sit hulle altwee in ander voertuie. Ek hou nie van Hamilton nie, maar hy is ‘n goeie drywer. Verstappen is nog jonk, en gaan nog GROOT naam maak so ek sal se Verstappen het goeie talent. Kan nie wag vir Michael Schumacher se seun om te ry nie, dan gaan ons bietjie kompetisie he, want ja huidiglik is niks nuut nie.

Hein ·

Ek sou like om te sien wat Hamilton in Haas doen en Mick Schumacher in Mercedez

Jan ·

Ek wil ook rook wat Button rook. Verstappen meer talent as Senna? Dit is net daar dat Button sy geloofwaardigheid verloor.

daarsdit ·

Dis nie Hamilton nie dis die kar, Russel het dit bewys!! Verstappen is better.

koos10 ·

Janine, as die WP wen is dit die afrigter of die span? En as hulle verloor, wie kry dan die skuld?
Net soos jy nie een kan uitsonder in rugby nie, netso is F1 ‘n span sport.
As Michael Schumacher nie in ‘n Ferrari was nie, sou hy 6 wêreld titels gewen het? Ek glo nie, maar die feit bly staan dat hy het gedoen en dit in ‘n Ferrari gedoen.
(Moenie vergeet dat die einste Michael ook ‘n Merc gery het en absoluut niks kon doen of wen nie.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.