Gerda wen in Middlesbrough

Gerda Steyn het vanjaar se Twee Oseane ook in ’n amperse rekordtyd gewen. Foto: Facebook.

Suid-Afrika se goue langasem-atleet, Gerda Steyn, het die afgelope naweek die Middlesbrough 10 km-wedloop in Engeland in ’n nuwe persoonlike beste tyd van 33:05 minute gewen.

Die 29-jarige Steyn het dié wedloop, saam met die FNB Run Your City-wedlope in Johannesburg (24 September) en Durban (13 Oktober) geteiken om vir die New York-marathon later vanjaar voor te berei.

“Ek sal hierdie naweek ’n 10 km-wedloop in Engeland hardloop net om te sien hoe fiks ek tans is. Dan is ek terug in Frankryk vir twee weke voordat ek na Suid-Afrika terugkeer vir die FNB Joburg 10K,” het sy vóór die Engelse 10 km-wedloop gesê.

Ná haar skitterende wentyd het sy op sosiale media geskryf dat sy nou na ’n tyd van 32 minute in ’n 10 km-wedloop mik.

  • Steyn is vanjaar se Comrades-wenner. Die New York-marathon word op 3 November in die VSA aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.