Wayde nie by Wêreldkampioenskap nie

Wayde van Niekerk. Foto: ANA.

Die 400 m-wêreldrekordhouer, Wayde van Niekerk, sal nie sy titel volgende maand by die IAAF-Wêreldkampioenskap in Katar verdedig nie.

Die 27-jarige is egter optimisties dat hy binnekort sy terugkeer op die internasionale atletiekverhoog sal maak nadat hy ’n ernstige kniebesering in 2017 opgedoen het.

“Ek is steeds positief en vat elke dag soos dit kom terwyl ek my dokter se wense respekteer,” het Van Niekerk gesê.

“Dit is belangrik dat ek na my lyf luister en seker maak ek is gereed vir aksie wanneer die geleentheid daar is (om weer deel te neem). Maar vir eers gaan ek geen druk op myself plaas en jaag om gereed te wees nie.”

Die Olimpiese held se mediese spanne in Bloemfontein en Aspetar het alles in hul vermoë gedoen om hom gereed vir die Wêreldkampioenskap te kry, maar hy kon net nie betyds herstel nie. Hy het egter weer op die baan begin oefen en hulle is vol vertroue dat hy gou weer sal kan deelneem.

  • Van Niekerk het in 2016 die goue medalje in die 400 m by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frank ·

My gunsteling sportoomblik van alle tye, DAARDIE 400. Sy venster is egter besig om verby te gaan. Maar nou ja, met ‘n wereldrekord agter my naam kan my venster ook maar net een byeenkoms wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.