Gholf: Louis vier houe agter in Minnesota

Suid-Afrika se Louis Oosthuizen op die tweede dag van die Britse Ope (Julie 2021) (Foto: Andy Buchanan/AFP)

Ná die opwinding van verlede week se Britse Ope by Royal St. Charles in Kent waar Suid-Afrika se Louis Oosthuizen regdeur in die kollig was, was hy en sy landgenote Vrydagaand effe in die agtergrond ná die tweede ronde van die 3M-toernooi wat by TPC Twin Cities in Minnesota beslis word.

Die twee Kanadese Adam Hadwin en Roger Sloan het na vore getree in dié toernooi wat deel is van die Amerikaanse PGA-reeks.

Hadwin is saam met die Amerikaner Ryan Armour voor op 132, wat tien houe minder as die baansyfer is.

Hulle word deur vier spelers gevolg op nege onder syfer, waaronder Sloan, die twee Amerikaers Chez Reavie en Boag Hoag en Jhonattan Vegas van Colombia (almal op 133, -9).

Charl Schwartzel (135) is sewende nadat hy 67 en 68 houe in die eerste twee rondes op sy telkaart ingevul het, met Oosthuizen (136) ʼn verdere hou terug nadat hy 68 en 68 houe aangeteken het.

Erik van Rooyen (-2) en MJ Daffue (-2) is saam in die 55ste posisie.

* In Newport, Wallis is Jacques Kruiswijk (136) en Justin Harding (137) binne trefstand van die voorlopers ná die tweede ronde van die Celtic Manor-toernooi.

Ignacio Elvira van Spanje (131) is twee houe voor Vincent Norrman van Swede (133) met Japan se Masahino Kawamura (135) en Matt Wallace van Engeland saam vierde (albei (136).

* In die suidooste van Frankryk het ʼn gewese wenner van die Amerikaanse Ope, Jeonguen Lee6 van Korea die voortou geneem ná die tweede ronde van die Evian-Kampioenskapstoernooi (voorheen die Meesters, een van die Majors vir vroue) met ʼn  rekordbrekende 61 houe in die tweede ronde.

Lee6 is 15 houe onder die baansyfer wat die laagste telling nog by die halfpadmerk is.

Thailand se Ariya Jutanugarn en Jagaree Anannarukan (albei 130) is saam tweede, met Nieu-Seeland se Lydia Ko en die Amerikaner Yealimi Noh (albei 133) saam vierde.

Suid-Afrika se Paua Reto (14) is 31ste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.