KSA se uitvoerende hoof kry trekpas

Kugandrie Govender. Foto: KSA.

Krieket Suid-Afrika se tydelike raad – met oudregter Zak Yacoob in die voorsitterstoel – het Kugandrie Govender gister as tydelike uitvoerende hoof geskors.

Govender het in Augustus op ’n nie-permanente basis die leisels by dr. Jacques Faul as KSA se uitvoerende hoof oorgeneem. Sy was die beleërde nasionale krieketbeheerliggaam se eerste vroue- uitvoerende hoof.

“Ons glo dat Govender die regte persoon is om KSA in hierdie tydperk vorentoe te neem. Haar ondervinding het haar ongetwyfeld voorberei vir die belangrike rol wat sy moet vertolk,” het Beresford Williams, voormalige KSA-president, destyds gesê.

Maar die tydelike raad het Govender gister weens verskeie beweerde misdrywe geskors. Haar dissiplinêre verhoor is op 28 Januarie 2021 en sy sal intussen nog haar volle salaris ontvang.

Pholetsi Moseki, KSA se finansiële hoof, sal intussen in haar plek waarneem.

Van die klagtes teen Govender is onder meer haar rol in die mediafiasko toe joernaliste se akkreditasie vir die Mzansi Superliga teruggetrek is, terwyl haar betrokkenheid in die afdanking van Clive Eksteen ook onder die loep is.

Eksteen was destyds aan die stuur van KSA se verkope en borgskappe en hy het vir die nasionale krieketorganisasie na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) geneem wat in sy guns beslis het.

Govender se skorsing beteken dat KSA sy derde uitvoerende hoof sal hê sedert Thabang Moroe die trekpas gekry het.

Intussen sal die toetsreeks tussen die Proteas en Sri Lanka voortgaan met Quinton de Kock wat ook as die tydelike kaptein in die rooibal-arena aangewys is.

Met die toetse wat op SuperSportpark en die Wanderers beslis word, sal die spanne by die Irene Buiteklub tuisgaan.

Suid-Afrika se bio-borrelmaatreëls is ook vantevore gekritiseer nadat die eendagreeks teen Engeland afgelas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dup ·

Die Krieketraad is almal kundiges op hulle gebied….wat die gebied is weet niemand nie.

Anne-Marie ·

Dup….dis die beste stelling ooit…..!!! nou so lekker gelag!!!!

Hoekom ·

Ek sien krieket se politieke vleuel, KSA, is al weer in die nuus en nie oor krieket nie. Ek is nie eers verbaas nie…

LANA is ELANè ·

Niks rondom krieket maak tans saak nie ~ ek het ‘n absolute weersin gekry met vd spelers rondom hul onkunde tov die gekniegbuigery voor die BLM ~ veldtog. Goodluck KSA, hoop julle het permanent sulke leiers in jul geledere, mens kry mos dit waarvoor jy buig of stem.

Anton ·

Meer politiek as krieket en dan is hulle nog useless in altwee ????

Niklaas ·

Niks van hierdie spulletjie ontstel of verbaas my meer nie.

koos10 ·

Hoor ek mos dat KSA vir Jacques Faul terug soek. Hoekom? Om die gemors te probeer regstel? Wanneer gaan julle ooit leer dat ondervinding baie meer te as kennis? Dis die rede hoekom spesialis dokters jare vat om tot op spesialis status te kom!
Maar wag, miskien sal ‘n knie buig in die rigting van die minister van sport(s) julle kan help!

Schalk ·

Nie te lank terug was haar mond vol oor die spelers wat nie wou buig oor BLM nie…..Kry vir jou!!!

MakersMark ·

Another one bites the dust…..maar was die HELE raad dan korrup? En hoe word mense in senior poste aangestel en daar word eers later uitgevind hul was korrup voor hul aangestel is …..? Dis tog amateuragtig.

Anel ·

Geskors met volle betaling!! In gewo e taal verlof met volle betaling. As ek skorsing reg verstaan beteken dit mos jy bly weg van die werk en jy kry geen betaling of partykeer half betaling, im medies, pensioen en belasting te dek. Skorsing is mos veronderstel om straf te wees. Maar lyk my nou se dae beteken dit vergieding vir goeie werk gedoen. Alles is deesdae agterstevoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.