Malan, De Zorzi kasty boulers

Pieter Malan. (AP Photo/Halden Krog)

Pieter Malan het gister in Bloemfontein teen Indië A gewys dat hy nog baie het om die Proteas te bied.

Die 32-jarige openingskolwer, wat die Suid-Afrikaanse A-span aanvoer, het die 13de honderdtal van sy eersterangse loopbaan aangeteken en hy het saam met Tony de Zorzi gesorg dat die tuisspan stewig in die saal ná die eerste dag se spel is.

Malan (157*) en De Zorzi (117) het ’n vennootskap van 217 lopies om die derde paaltjie gedeel en die Suid-Afrikaners het tans 343/3 op die telbord.

Die Kapenaar het al in drie toetse vir die Proteas gespeel toe hy Aiden Markram se skoene volgestaan het. Hy het 156 lopies teen ’n gemiddeld van 26,00 aangeteken.

Vroeër vanjaar het hy sy vermoë om lang beurte te speel bevestig toe hy 264 in sy Westelike Provinsie-dae teen Knights in die plaaslike meerdaagse reeks geslaan het.

Sy marathonbeurt is die hoogste telling nóg deur ’n WP-speler in die franchise-era en dit verbeter JP Duminy se vorige rekord van 260 lopies.

De Zorzi is ook vir groter dinge bestem nadat hy destyds die SA o. 19-span aangevoer het.

SA A-span: Sarel Erwee, Pieter Malan (kaptein), Raynard van Tonder, Tony de Zorzi, Jason Smith, Sinethemba Qeshile, George Linde, Marco Jansen, Lutho Sipamla, Beuran Hendricks en Glenton Stuurman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris dupreez ·

Die Malan broers voorwaar skitterende krieketspelers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.