o.19-Wêreldbeker begin vandag in Suid-Afrika

Suid-Afrika speel vandag in die openingswedstryd van die o.19-Wêreldbekerkriekettoernooi. Foto: ANA.

Suid-Afrika bied vir die eerste keer sedert 1998 die o.19-Wêreldbeker-kriekettoernooi aan en die aksie begin vandag in Kimberley wanneer die gasheerland vir Afganistan aanvat.

Die jong Proteas is in Groep D saam met Afganistan, Kanada en die Verenigde Arabiese Emirate en die wedstryde sal in Kimberley, Potchefstroom en Bloemfontein beslis word.

“Kom ondersteun ons asseblief; ons het besonder hard gewerk vir hierdie toernooi,” het die span se kaptein, Bryce Parsons, gesê.

“Ons verwag ’n hele paar toeskouers en wil vir almal wys wat ons op die krieketveld kan doen.”

Volgens die span se afrigter, Lawrence Mahatlane, is die span slaggereed om die Afgaanse aanslag af te weer.

“Ons het verlede jaar twee keer teen hulle gespeel en weet wat om te verwag. Hulle het ses draaibalboulers en vyf snelboulers; dus sal dit interessant wees om te sien waarmee hulle vorendag kom,” het hy gesê.

“Op ons beurt wil ons net gedissiplineerd speel. As ons dít doen, glo ek ons sal die wa deur die drif trek. Kom ondersteun die jong manne – hulle het baie hard vir dié dag voorberei.”

Die wedstryd begin om 10:00 en sal regstreeks op SuperSport6 uitgesaai word.

  • Suid-Afrika se ander bepalings: Suid-Afrika teen Kanada (22 Januarie); Suid-Afrika teen die Verenigde Arabiese Emirate (25 Januarie).

Suid-Afrika se o.19-groep: Bryce Parsons (kaptein, Gauteng), Khanya Cotani (Noordwes), Luke Beaufort (Oostelike Provinsie), Jonathan Bird (WP), Merrick Brett (Noordelikes), Achille Cloete (Boland), Gerald Coetzee (Vrystaat), Tyrese Karelse (SWD), Mondli Khumalo (KwaZulu-Natal), Jack Lees (Gauteng), Andrew Louw (Noord-Kaap), Levert Manje (Gauteng), Odirile Modimokoane (Noordwes), Pheko Moletsane (Vrystaat) en Tiaan van Vuuren (Oostelike Provinsie).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

aj ·

Waar kom hulle aan Lawrence Mahlatlane as AFRIGTER van ‘n internasionale vlak krieketspan?

Verwag Krieket SA werklik dat hy ‘n internasionale span suksesvol kan afrig?

Ia die kanse vir sukses nie beter as afrigters opgelei word vanuit die geledere van honderde spelers met internasionale ervaring, nie?
( wat die o/19 span kan afrig? )

Swartwolf ·

En daar maak die kwota nar spannetjie liederlike skande….wonder wat se hul “bevoegde” afrigter nou ?

Vita ·

Hulle het baie swak begin, die afrigter en geen benul wat die vat om op die vlak afterig, maar dit die voorland van ons krieket, al ons jong goeie seun gaan speel oorsee,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.