Rilee is ʼn sesslaan-masjien

Rilee Rossouw vier ’n T20-honderdtal.  Foto: Twitter.

Rilee Rossouw het verlede jaar in die kleure van die Proteas, die Multan Sultans, Oval Invincibles, Somerset en die Sydney Thunder altesaam 86 sesse geslaan.

Dit is die naasmeeste T20-sesse in die kalenderjaar; net Australië se Tim David (93 sesse) was in ʼn meer verwoestende bui.

Benewens sy sesslaan-avonture het Rossouw meer as 1 400 lopies in sy 51 wedstryde teen ʼn treftempo van 169,20 gemoker.

Hy het twee honderdtalle en 12 vyftigtalle aangeteken, maar hy is ook ses keer vir ʼn nulletjie uitgehaal.

Die 33-jarige Bloemfontein-boorling is tans in aksie vir die Thunder in Australië se Big Bash League, terwyl hy sy kolf in die SA20-toernooi vir die Pretoria Capitals sal swaai.

Ander Suid-Afrikaners op die sesslaan-lys is David Miller (70) en Faf du Plessis (61).

  • Meeste T20-sesse in 2022:
  1. Tim David: 93
  2. Rilee Rossouw: 86
  3. Suryakumar Yadav: 85
  4. Rovman Powell en Rahmanullah Gurbaz: 80
  5. Moeen Ali: 77
  6. Jos Buttler: 74
  7. David Miller: 70
  8. Paul Stirling: 68
  9. Liam Livingstone: 67
  10. Andre Russel: 65
  11. Faf du Plessis: 61.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.