Steve neem eerste stelling teen Proteas in

Australië se Steve Smith. (Foto: Rui Vieira, AP)

Steve Smith se goeie vertoning as aanvangskolwer in die jongste weergawe van die Big Bash League beteken dat hy ʼn soortgelyke rol in die komende T20-reeks teen Suid-Afrika sal speel.

Die 34-jarige kolwer het twee honderdtalle (125 lopies en 101 lopies) vir die Sydney Sixers gemoker en die Australiese keurders meen dat hy ook sy man teen die Protea-boulers sal staan.

“Sy opwindende Big Bash-beurte het sy wilgerlat-behendigheid onderstreep en hy verdien ʼn kans om sy stempel ook op die internasionale verhoog af te druk,” het George Bailey, keurderbaas, gesê.

Smith sal ongetwyfeld vir bestendigheid sorg nadat Aaron Finch vroeër sy internasionale uittrede aangekondig het, terwyl David Warner ʼn blaaskans tydens die Suid-Afrikaanse safari geniet.

Travis Head of Marcus Stoinis kan sy aanvangsmaat wees, terwyl Mitchell Marsh die kapteinskapleisels sal vasvat.

T20-groep teen Suid-Afrika: Mitchell Marsh (kaptein), Sean Abbott, Jason Behrendorff, Tim David, Nathan Ellis, Aaron Hardie, Travis Head, Josh Inglis, Spencer Johnson, Glenn Maxwell, Matt Short, Steven Smith, Marcus Stoinis en Adam Zampa.

Eendagkrieket-groep: Pat Cummins (kaptein), Sean Abbott, Ashton Agar, Alex Carey, Nathan Ellis, Cameron Green, Aaron Hardie, Josh Hazlewood, Travis Head, Josh Inglis, Mitchell Marsh, Glenn Maxwell, Tanveer Sangha, Steve Smith, Mitchell Starc, Marcus Stoinis, David Warner en Adam Zampa.

  • Wedstrydbepalings vir die reekse tussen Suid-Afrika en Australië:

T20-reeks:

30 Augustus in Durban – wedstryd begin om 18:00

1 September in Durban – wedstryd begin om 18:00

3 September in Durban – wedstryd begin om 14:00

Eendagkrieketreeks:

7 September in Bloemfontein – wedstryd begin om 13:00

9 September in Bloemfontein – wedstryd begin om 13:00

12 September in Potchefstroom – wedstryd begin om 13:00

15 September in Centurion – wedstryd begin om 13:00

17 September in Johannesburg – wedstryd begin om 10:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

George ·

Darm kom hulle nog, ons het sommer die hele land geskip uit bangheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.