Vat so boulers, sê Faf en Leus

Argieffoto van Faf du Plessis. (Foto: X/Joburg Super Kings)

Reën en ʼn verkorte wedstryd het nie die Joburg Super Kings gekeer om ʼn klinkende oorwinning op Nuweland in die SA20-toernooi te behaal nie.

Met Faf du Plessis en Leus du Plooy aan die stuur van sake het die Johannesburgers korte mette met die wenteiken van 98 lopies in agt boulbeurte teen MI Cape Town gemaak.

Die twee openingskolwers het omtrent die langsteel ingelê en die wenlopies is in die sesde boulbeurt geslaan.

Du Plessis is as die speler van die wedstryd aangewys vir sy onoorwonne vyftigtal van slegs 20 aflewerings. Sy vuurwerkvertoning het drie sesse ingesluit.

Dit was die voormalige Protea-kaptein se eerste vloeiende beurt in die jongste weergawe van die SA20-toernooi en ná sy elmboogoperasie.

“Wanneer ʼn mens vir ʼn ruk (in aanloop tot die toernooi) nie krieket gespeel het nie, sukkel jy so ʼn bietjie met jou ritme. Tog het ek geweet dat dit net een beurt sal verg vir alles om weer in plek te val,” het Du Plessis gesê.

Die Super Kings is tans vierde op die amptelike punteleer met 13 punte ná agt wedstryde.

  • Opsomming van die telkaart:

MI Cape Town 80/3 in agt boulbeurte: Kieron Pollard 33*, Ryan Rickelton 23 en Imran Tahir 2/13.

Joburg Super Kings 98/0 in 5,4 boulbeurte: Faf du Plessis 50* en Leus du Plooy 41*.

Uitslag: Joburg Super Kings wen met tien paaltjies.

  • Punteleer:
  1. Durban’s Super Giants: 28 punte ná agt wedstryde
  2. Paarl Royals: 22 punte ná agt wedstryde
  3. Sunrisers Eastern Cape: 19 punte ná sewe wedstryde
  4. Joburg Super Kings: 13 punte ná agt wedstryde
  5. Pretoria Capitals: 10 punte ná sewe wedstryde
  6. MI Cape Town: nege punte ná agt wedstryde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

piet ·

Hierdie wedstryde raak belaglik as dit so verkort word. In die scenario sal die span wat tweede kolf omtrent altyd wen.

fbbb ·

Janee Piet dit was eintlik ‘n grap en kan nie regverdig wees nie. Span wat 1ste kolf het reeds 6 beurte gekolf toe dit begin reën. Wedstryd word verkort na 8 beurte. EISH. Hulle moes eerder altwee spanne ‘n volle 8 beurte laat kolf het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.